Thursday, March 30, 2006

May the force be whiff yous...



Sjoe, watte fees was laasnaweek nie!! Die Stormers hettie verloor nie!!! Maandagoggend het ek sommer mette lied in my hart wakker geword, en geweet dit gaan 'n goeie week wees!! Ok, van julle bitterpille sal sê "dis omlat hulle nie gespeel hettie", maar nog steeds: Hulle't nie verloor nie!! whoohoo!!! Things are looking better, hey??

So, wat gaan hierrie naweek gebeur??

bLOSE v Bulle: Dries Scholtz vervang vir Prettyboy Olivier, so ons hoef nie eers 'n meestersgraad in Mikrobiologie te hê, om te besef die Bulle gaan NIE 'n expansive game speel Vrydgaand nie......... Ok, innie verlede sou die argument gewees het dat die Blues jou aan flarde kan hardloop as jy wil los speel, maar die manne van Auckland lyk maar regtig vrot tot dusver... Lavea is gedrop, en nou moet Nacewa kom rigting gee op 10... Tot Maak-'n-las-ter nie gaan inval op 10 nie, sallit maar lol.. (en met my luck issit vlge week teenie Stormers!!!) Ek weetie... Die Blues hoop maar die Bulle is nog bang vi hulle voorgangers van 2003... oukei, Bulle kry hulle tweede away win oppie toer... met 5 punte..

Waratahs v Sheetahs: Oraait, seker 'n slag dat ek die manne van Sydney begin ernstig opneem... Ommie Blues so kaf te draf, sit nie in enige span se broek nie... (aag, sorry, die Stormers het hulle darem ook verniel twee jaar terug.... hahahaa) Maar, hulle lyk gevaarlik. Rassie en sy troopers van Bloem doen blerrie goed tot dusver, maar ek dink regtig dit gaan moeilik wees vi hulle die vlge paar weke. Waratahs het miskien net te veel skietgoed agter.... Ok, net omdat dit in Sydney is, sê ek Waratahs met 12 punte.... (sorry Ivan!!! hoop julle verras WEEREENS..)

Force v Stormers: o jinne.... Die Force is 0 uit 6 tot dusver.... met my luck gaan hulle seker wen die naweek... hahahaha. Kyk, hoeveel keer het ek nie nou al gesê "as ons nie DIE naweek wen nie, kan ons maar los".. maar, genuine: daar is nie 'n beter oportunity om 'n wegwen te kry nie!! Gerrie Britz begin 'n slag 'n game virriie manne in swart - about time dat hy begin werk vir sy salaris!! My neef, Big Joe is darem ook wee fiks, en oppie bench!! Ok, here goes: maak maar weer my naam gat, dis oukei.... Stormers met 12 punte.... eish..... (ek haat dit!!! Wa gaan 'n Crusader supporter so bang wees voor sy span teen die paloekas van Perth speel!! wys net in watter shape my span is... eish!!!)

Hurricanes v Crusaders: Weereens nie eers nodig om gebruik te maak van daai meestersgraad, om te besef hierrie issie game vannie naweek nie!!! Ek hoop die weer speel saam hierrie week, en dat ons 'n lekker running game sien! Jerry en Ma-souie teen Makou en Forn, behoort maar net een van 'n hele paar interessante match up te wees!! Hoop maar vi Richie se onthalwe hy pis nie vir Jerry te veel af nie..... Die Cruise-aders het vir Dan (en hy tel vir 17 normale spelers!), maar in Ma'askara Nonu en Faa'tau hoef die Canes darem nie te ver terug te staan nie... Dis in Wellington en ek moet roep virre upset hierrie week, (behalwe virrie Stormers, of course!) so let's go... Canes met 3 punte in 'n relative high scoring game

Chiefs v Highlanders: Seriously.... Die twee spanne kan vlgs my maar die lewendige stoelgange uitmekaar uit tekkel, ek worry nie.... Chiefs met 10..

Sharks v Reds: Die Sharks is terug in Dirtbin, uiteindelik!! Na 'n laaang, moeilike toer, gaan hulle nie so skerp wees soos hulle supporters hoop nie. Maar, gaan nog steeds te goed wees virrie Reds. Tot dusver die SA span wat my die meeste surprise, en impress het. AJ isse yster, en ek hoop Jake vergeet nie van hom as hy beginne dink aan nommer 8's nie!!! Sharkies met 9 punte.

Ok, lekker naweek, julle slyme!!

May the force (of issit wors?) be whiff yous!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!! en onthou daai Riaan!! hy ROK!!

Friday, March 24, 2006

Die duiwel was Linstig...

Het Pretoria al vi Linston Manuels vergewe?? eish... Lat een van ons eie nou so fout kon gemaak het.........
Kyk, laasweek was al wee 5 uit 6 gewees vi my.... Dit raak nou te maklik.. Assit maar net virrie Stormers ook so maklik was!!! eina.... Kannie glo ek sê dittie, maar ek is bly die martelsessie op Nuweland is uiteindelik verby... Is moeilik om dit te sê, ma' geluk Cheetahs! Hou so aan manne, hopelik saag julle nogge paar over the seas spanne innie toernooi verder.

Well, na 6 weke van Super 14 aksie het ek gedurende die week so bietjie gedink.. (jaaa, groot oomblik virrie Pik gewees!!) Professor Tim Noakes ennie slim manne da byrrie Sports Saaiens Institoet praat elke jaar lang stories oor "player burnout", en hoe nadelig die stampvol rugbyseisoen virrie spelers is. Nou, dis alles goed en waar, MAAR: het hulle al ooit gewonner hoe erg dit virrie spectators is!! Kyk, 'n rugbyspeler speel maar 1 wedstryd oppe naweek!!! Hoe erg issit nie vir ons average Joe's wat elke naweek 3 tot 4 wedstryde oppie kassie moet volg nie!!! (ek praat nou net as jy die SA spanne volg, of course!! dit kan natuurlik NOG erger raak..) En, veral hier innie Land vannie Lang Wit Wolk gaanit ekstra swaar!!! Voel vir my die naweek is nettie lank genoeg nie... Vrydagaand issit die wedstryde in NZ, gevolg deur 'n wedstryd vroegoggend in SA oppie Saterdagoggend.. ennie selle storie die Saterdagaand, en Sondagoggend.... Mens se lyf kan net soveel stampe vat.... Eish, ennie Stormers dink HULLE's bly oor hulle loslootjie die naweek!!!

Oukei, genoeg nonsens gepraat....
Terug na die raakbie:

Ek is bietjie laat hierrie week, so sallie cheat nie. (Sharks het mos klaar verloor...)

Waratahs v Blues: Ok, ek sien dis halftyd 23 - 9 virrie Tahs... mmmm. hopelik verlaat Lavea die veld halftyd, en skuif hulle vir Mak-'n-las-ter losskakel toe, met Toe-pou-kie en Toe-nou-nie-te-vakie (dankie Daniël!!) innie middelveld.... Noem my stupid (en kyk, ek is!!!), maar die Blues gaan terugveg.. Blues met 3 punte..

Cheetahs v Reds: Al hoe die Reds kan wen, is as Paul Honiss die skeidsregter is, en Linston Manuels die vlagman/tv referee is... Juan se besering is 'n groot terugslag, die outjie is besig om te ontwikkel in 'n masjien vanne speler, maar die Cheetahs behoort nog steeds te veel skietgoed te hê.. Cheetahs met 9 punte

Highlanders v Cats: Ek sal nog baaaaaie meer moet drink voor ek gaan dink hulle het 'n kat se kans... En ek praat ongelukkig nie vannie Highlanders nie...... Frans Ludicrous en sy span wens seker al hulle's oppad terug huistoe... sjym... Die Highlanders verloor nie sommer 2 inne ry in Dunedin nie, sorry Frans.... Josh Blackie is ook nog terug om bietjie ekstra oemf te verskaf, so ek sien maar net wee 'n laaaang 80 minute wat voorlê virrrie Katte.... Highlanders met 15 punte

Brumbies v Chiefs: Brumbies is terug oppie Bruce stadion, en sal lekke afgepiepie wees oor hulle vertoning laasweek in Auckland. Chiefs het 'n week af gehad, maar dis nie maklik ommie Brumbies te klop in Canberra nie (gaan vra maar vir AJ en sy span!), ALHOEWEL dit nie meer die fortress is wat dit 2 - 3 jaar gelede wassie... As Holah vi George Smith kan genoeg besig hou, wie weet.... Sjoe.... moeilike een, maar ek gaan met Brumbies met 7 punte

Force v Bulls: Die Force is pateties, MAAR 'n vrot span moet seker een of anner tyd lucky wees... Hopelik virrie Bulle is hulle nie die unlucky party nie (alhoewel dit met MY luck seker die Stormers sal wees wat teen hulle gaan verloor!!!), en hou hulle maar net by hulle basics... Maar, een of anner tyd sal julle Bulle darem bietjie julle agterlyn moet gebruik!!! Bryan Banana oefen net sy tekkels, en onnerskep pogings deesdae... Is Derrick beter as Morne Steyn?????
Ok, Bulle met 10 punte..

Oraait, ek kan darem ten minste uitsien na 'n naweek wat nie bederf gaan word met NOG 'n Stormers verloor nie!! Boys, die Stormers gaan nie hierrie naweek verloor nie, watch wat ek vi julle sê!!!!

lekker naweek!! onthou, Riaan Rock!!

Wednesday, March 15, 2006

Dis Eskom se skuld.....


Well, ek's 'n Suid-Afrikaner, en ons moet IETS kan blameer vir nogge close Stormers verloor.... Apparantly was da al weer 'n kraonnerbreking laas Saterragaand so om en by 20h54 innie Kaap... Hoeka dieselle tyd toe ou Hosea Gear so in 4 wheel drive da deur VIER van ons spelers is.... I guess the excuse is they didn't see him coming..... (Rule nr 1: onthou, dis altyd die coach se skuld asse span verloor... nooit die spelers s'n nie!!)

Aag nee man.... Wat 'n teleurstellende naweek!! Ek het gedink die Cats kannie vrotter nie.... Maar, hulle KON.... Toe Saterragaand gaan staan en breek Kimi se Mik-lêren op sy eerste flying lap in qualifying, en hy bevind hom aanie agterkant vannie grid virrie race die vlge dag... Na dit gaan staan en wen Chelsea innie 92ste minuut teen Spurs... Ek meen, nes mens dink dit KANNIE slegter nie, toe's ons nog dom genoeg om 06h00 op te staan virrie Stormers se game...... Nou sal julle seker vir my sê "jis, maar ten minste wassie krieket die moeite werd!" Dis seker die blerrie ergste: Ons het dit nie gesien aan hierrie kant vannie wêreld nie!!!! So, ek het nie eers die greatest ever 1 dayer gekyk nie..... Ek het Maandagoggend toe Travis vi my text met die goeie nuus, amper my polse gesny.....

So, nogge naweek se raakbie lê al weer voor... Die goeie nuus is dat twee vannie SA spanne darem teen mekaar speel, so ons gaan darem een span hê wat beslis as wenner vannie veld af gaan stap!! Don't panic, Jake!!! (met my luck gaan dit seker 'n draw wees.... oh well..)

So, here goes: (laasweek wassit 4 uit 6.. as ek kon geworry het ommie score vannie Farce se wedstryd teenie Reds te predict het, wassit dalk 5 reg... maar anyways...

Cruise-aders v Siamese katte: wow.... ok, na Sondag se krieket, kan mens met reg sê "impossible is nothing", ma' come on: let's face it - dissie krieket nie (letterlik!) Ons praat hier vannie Crusaders, teen Frans Ludicrous se katte..... Mccaw en Jack speel nie, maar Johnny Le'oo is meer as capable replacement... Ek dink nie dit sal so absurd wees soos laasweek teenie Waratahs nie, maar nog steeds 'n laaaaang aand virrie manne in Christchurch... Crusaders met 20 punte....

Farce v Waratahs: Dit gaanie veel beter in Perth as innnie Kaap nie.... Ek wonner vi hoe lank die Subiaco Oval nog vol spectators gaan wees? Dinge raakie makliker nie, en hierrie naweek issit die Waratahs.. Eish!! Sal dalk 'n "closer" game wees, local derby's het mos maar die manier om uit te rafel, maar die Waratahs het hopeloos te veel skietgoed Force. Waratahs met 10
ps - may the Force be whiff yous, John Mitchell....

Blues v Brumbies: Elke week maak ek my naam gat, deur te roep virre upset. So, hier's hy: Die Blues kannie vrotter as wat hulle tot dusver was nie!! 'n span met spelers soos Houtvoël, Meeu-lama, Afoa, Williams, Rou-kou-kounut moet seker een of anner tyd kliek, en 'n bietjie rugby speel... Brumbies was gelukkig laasweek in Canberra, en hierrie naweek is hulle pêl Honiss nie in beheer vannie wedstryd nie... Blues met 8 punte

Highlanders v Sharks: oukei, dink met jou verstand, Big Pik.... Ai, ma' die Sharks se luck moet seker EEN of anner tyd draai??? Dit gaan close wees, maar wat in hulle guns kan tel hierrie week, is die feit dat die Highlanders teruggetravel het vannie Republic af Dunedin toe.... So, as ons spelers elke jaar moan oor jetlag, dan moet dit seker vi hulle ook affekteer? Eish... Too close to call.. Nick Evans is uit, en hulle sal hom mis.. Oukei, Sharks met 3 punte.... (asseblief!!)

Bulls v Hurricanes: Die Canes gaanie die Bulle stop op Loftus nie, sorry! Derrick sal skop virrie hoekies, Victor sal skoonmaak innie lynstaan, en P3 sal afrond na 'n rolmaal beweging.. Dissie mooi raakbie nie, maar dis effektief! Hulle mis Tana se leierskap, en dit gaan beslis nie makliker op Loftus wees, as laasnaweek innie Kaap nie. Habêna missie tekkels oppie kantlyn nie, pappa!! Bulls met 10 punte

Stormers v Cheetahs: Dissie Karrie Kap Kampioene, teenie under achievers vannie Kaap... Die laaste twee jaar hettie manne van Bloem elke keer hulle "more talented" opponente se name goed gat gemaak op Nuweland, so hoekom moet ek dink dit sal anners wees hierrie keer?? Assit reen, speel hulle vi De Waal op 10, en skop ons stukkend... Assit droog is, speel Bosman, en probeer hulle die bal bietjie meer wyd speel... En, Rassie is 'n goeie coach, hy sal reg wees mette plan B en C...
Laasnaweek was 'n beter performance deurie manne in Swart, maar hulle't nog steeds verloor... Piet Skeate en Bekker Jr behoort goed te vaar innie lineouts, maar ek wonner hoe ons gaan vaar innie skrums? Jeanius en Djoeba is innie midfield en Chavanga (glory halleluja!!), is uiteindelik reg om te speel... Die Stormers het 'n wen broodnodig voor hulle over the seas toer, maar ek weetie so lekker nie.... Spyt my ommit te sê, maar Sheetahs met 10.... (maar, ek sal darem nie maaind om verkeerd te wees oor hierrie ene nie....)

Oukei, lekke naweek sjaainas!!

Onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas..... en Riaan rock!!!!

Wednesday, March 08, 2006

Die Super Bore-teen



Miskien issit omdat my span so vrot speel, maarie raakbie is bietije vervelig nog tot dusver.... eish!!

Eerste dinge eerste: Geluk Sheetahs!! Julle het my darem nie laasweek gedrop nie!! Verloor nou net nog vlge week se wedstryd op Nuweland teenie Briesies, dan wens ek julle 'n unbeaten run toe tot oppie einde!!!!!!

Gaan Jean speel hierrie Saterrag?? Ek is darem nou al moeg om te lê en droom oor drieë wat hy druk innie hoekie, net om by afskop vir Gus-man te sien uitdraf... Sê vir Kobus van der Merwe hy moet bietjie gaan klaprugby kyk.. Ons moet beter senters/vleuels/utilities as daai hê....

En wat issit met SA'se nightclubs, ennie Aussie en Kiwi raakbiespelers?? Eerste verneem ons van The Drunken Sailor se vomeer sessie buitekant die ou Billy the Bumb's, en toe wassit weer laasweek Djerrie Kolgans se beurt om sy maatjie Fa'atau per ongeluk met die elmboog innie gesig by te kom... Die manne akkodeer lykkit my nie so lekker met ons smaaklike brawyn nie!! As jy nou 'n meningsopname moet doen, vrees hulle seker meer die nagevolge vannie brawyn "the morning after the night before", assie opponente teen wie hulle Saterrae uitdraf.....

Maar, terug byrrie rakbie:

Predictions vir hierrie naweek (laasweek wassit 5 uit 6 vi my, net jammer die Briesies het my gedrop....)

Chiefs v Cruise-aders: Wie gaan die defending champs stop?? Die Chiefs in Hamilton is 'n moeiliker proposition as laasweek se Blues in Christchurch, maar die Cruise-aders behoort dit nog steeds te doen. Richie Makou vs Marty Holah behoort opwindend te wees. Ek wens die Chiefs kan shock, maar sal nie gebeur nie. Crusaders met 10 punte

Waratahs v Cats: Jorrie, Jorrie, Jorrie!!!! Die Cats het teen die Stormers verloor, so dit moet klaar al vi ons iets sê......... Waratahs sal skerper wees as laasweek teenie Sharks, so ek hoop van harte die manne het hulle tekkeling geofen die week! Rogers begin op 10, so arme Earl Rose sal moet regstaan.... Ai, kan 'n lang aand raak in Sydney virrie manne van Jozi.... Waratahs behoort bonuspunt te kry, en wen met 15...

Brumbies v Sharks: Selle prediction as laasweek.... Sharks gaan begin teen 500km/h, fase na fase afdwing, maar nie convert in punte nie.. Brumbies is elk geval nessie Waratahs, altwee so blerrie negatief, so hulle worry nie ommie strafskop en moontlike 3 punte af te staan nie.. (en, met Percy wat deesdae net 20 m skoppe kan oorklits, issit nie eers verseker dat dit gaan oor wees nie) Ek hoopie Sharkies verras my, maar ek kannie sien hoe die Brumbies oppie Bruce verloor nie. Ruan sal weereens 'n blinder speel, en vir George Migrain laat verlang na retirement. Brumbies met 5, sonner die bonuspoint try

Reds v Western Force: Seriously, who cares....

Bulls v Highlanders: aaah.... Die Bulle het 'n week af gehad, hulle Cowgirl cheerleaders se bootse sal mooi gepolish wees, Matfield en Gary Botha is terug (hy is nou al 'n Springbok, Bloubulaanhangers, so relax!!), en Loftus sal weereens stampvol wees. Good Luck Highlanders!Die Highlanders se senters/vleuels sal agterkom dat die opposisie hierrie naweek actually tekkels gaan maak, so dit sal nie one way traffic wees soos laas naweek onner innie Kaap nie. Plus, hulle longe sal maar brand gedurende die laaste 15 minute oppie hoëveld. Bulle behoort te wen met 10. Maak maar weer reg virre lang Maandagoggend byrrie werk as jy so unlucky is om saam met 'n Bul supporter te werk..... Ek meen, maak selfs hulle ballboys Bokke, man!!

Stormers v Hurricanes: Dis nou rêrig die laaste naweek wat ek 04h00 opstaan om vi hulle te kyk... Genuine!!!! Moet weer iets wees wat ek gesnuif het vroeër vanaand, maar ek dink weer nie die Canes gaanit maak hierrie naweek nie. Schalk Brits het hom hierrie week persoonlik bekend gestel aan sy slotte, so dit sal beter gaan innie lynstane. Schalla gaan ook Saterrag wakker skrik, en besef hy's oppie rugbyveld, en bietjie virrie Canes wys (met of sonner Jerry) wat hy kan doen. En hopelik is Jeanius fit, sodat ons backline (met Jouba oppie wing, nogals) virre slag weer aanie gang kan kom. Dit gaan close wees, maar hulle gaanit vat. Dan sal ons naiewe WP supporters na die game weer te dink "yes, we're back!!", net ommie vlge week weer teleurgestel te word met 'n below par performance teenie Cheetahs....... Ek wens Nick Mallett wil vir Kobus innie pad steek, en self die span afrig.. Ek lees darem dat hy Maandag virrie Briesies goed hulle fortune vertel het, so kom ons kyk maar of hulle vinger wil trek...... Oraait, Stormers met 3...

Lekker naweek.

Onthou, Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!

Wednesday, March 01, 2006

Week 4....



howzit chaainas!!

Sorry, met die trekkery was Big Pik hopeloos te stil... Maar, ek's terug, al is dit dan net om Butch en Djeff-Frou te spite...

Chaainas, ek het hoop!! Ons gaan die Kap vat!! Het julle gehoor SA Rugby het nou officially aansoek gedoen by Sid Miller en sy tjommas vannie IRB, dat toetsrugby ook oor 'n "shortened version" gespeel word! Nes krieket se 20/20 (of issit Pro 20 da' innie republic??) Ek meen, ons spelers sal nie eers veel moet verstel om suksesvol innie nuwe "code" te weesie!!! Ons is klaar meesters oppie gebied!! Ons manne speel deesdae vir 40 minute hulle harte uit, loop gemaklik met 15 punte voor, gaat defend dan die lead virrie vlge. 30 minute, net om oppie einde te gaan plat lê oppie vloer virrie laaste 10.... So, om dinge nou net "fair" te maak, gaat die twee helftes nou slegs 20 minute elk wees!! Net om dinge bietjie meer fair te maak vir ons spanne!! Kyk, ek voel hie' komme ding!! Watch this space!!!! Instant success virrie Bokke!!! Ole, ole, ole, ole!!!

So, wat gaan hierrie naweek gebeur?? Gelukkig het ekvanoggend oppie nuus hie' in Kiwiland gehoor lattie Highlanders al kla' almal ge-spytpoep het gisteraand.... Dis asof Anton Olivier en sy maatjies die mense aan hierrie kant net solank wil laat weet dat "assit nettie virrie food poisoning wassie, het ons hulle gevat! genuine!!!" Voel vi my ek sê dit deesdae elke week, ma wragtag: "as ons nie hierrie week wen mette bonuspunt nie, gaan ons nooit wen mette bonuspunt nie!!!". Die Highlanders is oraait, ma' kom ek maak nou ma' poephol van myself: Stormers met 10 punte! Gas-man Theron vervang vir Jong'tjie Knock-we oppie vleuel (mannetjie het promise, maar hy't 'n shocker gehad laasweek!! Ons moet nou nettie tipies WP rugby hom gat staan en weggooi nie!!), en vlgs. my issie veiligste plek om wel vir Gus innie span te hê, wyd oppie wing.. so ver as moontlik vannie aksie af.. Die Jeanius is darem hopelik reg om sy plek te vat innie midfield, en Jew-Bear is darem ook oppie bank!! whoohoo!! Ek hoop net sy kop is reg!! Werner behoort hierrie week weer 'n super af game te hê (hy speel mos HONDk@k, of semi oraait deesadae), so ek hou ma' my asem op...

Ma', kom ons hoop ma' dat ons voorlangs die Hooglanners kan tem... eish... ek weetie so lekker nie!! As Splinters Shimmie net vir Piet Skeate en co innie lynstane kan vind, is ons darem al ampe da... Ek wonner wie gaat hierrie week die intercept traai score??

Oraait, dan beweeg ons oor na Cats v Brumbies toe... Tiaan Snyman is nog steeds vlgs. Frans Ludicrous die beste losskakel in Jozi.... Die man hette boot op hom, ma' dis al!! Doppies vervang vi' Julies op 12 (wat tot dusver baie teleurstellend was, ma' wie kan hom blame met die losskakel aan sy binnekant??), en die Bokke se 13, Jacque kry net plek op die vleuel..... Die ergste van als is seker die feit dat Jorrie Muller wee oppie bank is!!! Eish, ek hoop wraggies nie iemand kry seer nie..... Kyk uit vi' Gerhard Vosloo, die Katte se 6 flank. Ek dink hy's een van daai tipiese "ek is te dom om seer te kry SA rugbyspelers". MAAR, Sorry Cats... Ek kannie sien hoe julle die Brumbies klop oppie Bruce Stadion (jis, wat 'n diep naam!!! sjoe, hulle het seker lank gedink aan DAAI ene!!) nie.... Brumbies met ten minste 12 punte!

Cheetahs v Hurricanes: Moet seker iets wees wat ek gesnuif het vroeër vanaand, ma' ek dink hie kommie upset vannie weekend. Hurricanes was swak laas naweek, en was flippen laakie om die bonuspunt te kry teenie Cats... Hulle het for sure die gevaarlikste backline innie kompetisie, met Ma'skara Nonu, Tana O'magtag, Vat-vat-au en Toeivia, so assie Sheetahs wil gaat staan en basketball speel teen hulle, issit nag. Ma', in Rassie het hulle daam nie 'n poephol as coach nie. Hopelik issie Vrystaatstadion volgepak, die weer speel saam (alhoewel die boere my seker sal kwalik neem daarvoor...), en besluit Ollie om te stick byrrie basics van stutspel virre slag.. Just to be safe!! Sheetahs met 3...

Waratahs v Sharks: Die Sharks gaat weer moedig probeer vi 60 minute, net om die laaste 20 minute uit stoom uit te hardloop.... Ruan gaat vi mechanic Whittaker al sy dae gee, ma' oppie einde sallit seker nie genoeg weesie... Percy sal weer 'n paar sitters mis, net ommie moeilikes uittie hoekies uit oor te skop... Ma', die Waratahs in Sydney issie maklik nie... So, kom ons sê ma' net om veilig te wees, Waratahs met 15 punte...

Dan, die laaste twee: Chiefs v Reds in Hamilton - Jonno Gibbes is terug as hulle kêppie, etc, etc, so die Chiefs gaat wen met bonuspunt virrie eerste keer innie kompetisie. Sivvivatu en Mills Mol-innie-hol-ai-eina behoort die try scorers te wees... yawn, yawn..

Laastens: Cruise-aders v Blues.. Kannie glo ek sê dit nie, ma' ek wens so die Blues verras... Anners issie kompetisie al sommer kla reeds verby... (wassit nie al 'n uitgemaakte saak die Cruise-aders gaat dit vat nog voorie kom beginne hettie?? oh well...) Maar, sonner Queen Carlos sukkel die Blouspan... Lavea kry hulle nie aanie gang nie, en ek sien hom ook maar sukkel teen Dan the Man... So, Cruise-aders met 20....

Ongelukkig speel my gunstelinge, die Bulle nie hierrie naweek nie.... ai, ek sal darem seker weer vlge week iets moois oor hulle kan sê....

Oraait, lekke kaakbie kyk!! Onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!!!