Tuesday, June 03, 2008

Double standards, double adaptors en double agents...

Nee, dis NIE die naam van Steve Stofsuier se nuwe album nie.. Ek kannie aan 'n opskrif vir die blog dink wat pittig en skerp is nie... Ek's sommer vandag net die moer in... Dubbel die moer in, dan seker!
Wag, laat ek dan seker maar probeer verduidelik...

Sien, die Crusaders het mos die Super 14 gewen... En nee: Dis nie waaroor ek moerig is nie.... Of, ek sal ook nie juis sê ek het op en af gespring Saterdagaand toe die eindfluitjie geblaas het, en die Crusaders spelers en supporters begin feesvier het nie.. Dit was omtrent so aangenaam om te aanskou as JP Nel "in full flight" daar op Loftus. In fact, die mees opwindendste deel van die celebrations op AMI Stadium die naweek, was seker toe daai perd uitgefreak het, en om die veld begin hardloop het!!!! Only in Christchurch, I tell yous!! (alhoewel ek gehoor het indien daai perd van Pretoria was, hy na die tyd op die dwarslat sou geklim het met 'n "Horses Rule" t-hempie aan...)

Ek het nie 'n probleem met die Cruaders nie. Die beste span het gewen. Wat my wel die *&^%$#^% ingemaak het, was toe ek die koerante oopgeslaan het Sondagoggend, en Richard Loe se indrukke van die finaal moes opeet. Oukei, dan: dit het my dubbel die *&^%$#^% in gemaak!
Ou Loe'tjie mention die vlge:
"The Super 14 final was a brilliant game of rugby, I thought, with the defences very good"

"It was a very Robbie Deans win. By that I mean, they played to their pattern and had faith in it. Deans and his team structured how they were going to play and they stuck to it - and that meant not going wide all the time but turning the ball in and keeping it and dominating territorially."

Dis sulke eenogigheid, wat my die moer in maak... Dubbel die moer in...

Dis nie dat ek NIE saamstem met daai ex-vuilgat speler genaamd Loe nie!! Ek het die finaal baie geniet. Dit was "close", spannend EN opwindend.. Hel, dit het selfs 'n dropgoal ingesluit!!! Is dit nie "what finals footy is all about" after all nie?

Nee, kyk: wat my wel grensloos geirriteer het, is die feit dat die NZ media nou ewe skielik nie genoeg kan kry om komplimente uit te deel aan die span wat die wedstryd gewen het, deur (1) baie/meeste balbesit weg te skop nie - sure, noem dit dan "tactical kicking", (2) uit en uit ingestel of bereid was om die opposisie die bal te gee, en te wag dat hulle foute maak in hulle eie halfgebied nie, en dan (3) low en behold ook nog so ver te moet gedaal het as om 'n skepskop oor te klits nie.....

Huh?? Nou wat nou? Is dit nie dieselle media wat die Engelse (en die Bokke dan ook!!) in Oktober laasjaar so verskriklik uitgevreet het oor hulle spelstyl in die World Cup nie?? Was dit nie dieselle media wat gesê het die World Cup Final tussen die Springbokke en Engeland was "boring", en het mislik as skouspel nie?
Snaaks hoe sienswyse kan verander in 'n paar maande as jou eie span aan die wenkant is... 8 maande terug het hulle nie gesê Jake White se Bokke "played to their pattern" in Parys nie... Nee, alles was mos vergete toe die AB's hulle name so gat gemaak het twee weke voor dit reeds teen die Franse daar in Cardiff...

Die Crusaders verdien hulle 7de Super title! Maar, menere Loe en kie kan gerus maar 'n slag die swart oogklappe afhaal... Double standards, double adaptors en double agents... Dit maak my die ^&^%$# in.... Dubbel die ^&^%$# in!, sê ek julle!