Ek weetie wat die latest craze da innie Republiek oppie oomblik issie, ma hie in Kiwiland wassit mos nou "reconditioning" die laaste 3 maande gewees.....
Nou ek weet ek's partykeer seker ook ma' so geloofwaardig soos ou Jacob Zuma innie getuienisbank, ma' glo my "djou honour", as ek vi julle sê ek's lekke keelvol virrie hele "reconditioning" ding...
Dis soosie celebrities - elke tweede poephol neem ook lykkit my 'n arme bloedjie vanne 'n derde wêreld land aan! Dis asof dit die "must have" fashion accessory vannie maand is.. Selle met die onnersteuners in hierrie land! Ek meen, volgens Skaai tievie se Re-union program, dink 84% va hulle kykers reeds dis 'n "masterstroke"!!! Wow!! Dit na hulle supersterre een wedstryd gespeel het.... Ek's seker daarvan Dan Carter het daai cross-kick- na- Scott Hamilton- toe move geleer op sy oefen-(sorry reconditioning!!) kamp!!! Ek meen, hulle is after all mos nou "bigger, faster EN stronger!!" as almal.. (Ek moet sê ek het verwag Richie Mccaw gaan met 'n paar "tinted windows" en "mags" oppie veld verskyn, maar hy't vi my ma nog dieselle gelyk... maar net na 'n blerrie goeie rugbyspeler!)
Maar nou ja.... Ten minste is die supersterre terug, en ka die super 14 aangaan...
So, wat gaan gebeur hierrie naweek? Een ding wat darem 'n "banker" is, is dat die Stormers nie gaan verloor hierrie naweek nie...
Highlanders vs Cheetahs - ek hoop wraggies nie Carl Hayman het TE sterk en groot geraak op sy oefen-(sorry reconditioning!!) kamp nie...... Die Highlanders is wel die dunste NZ franchise, maar ek dink nog steeds hulle gaan die Cheetahs (blik)ore aansit... (Sorry Ivan! ek hoop julle bewys my verkeerd)
Highlanders met 7..
Force vs Sharks - Die koerante aan hierrie kant dink die Sharks het reeds "gepeak", en dat die nederlaag teen die Brumbies 'n "sign of things to come" was, maar ek dink nog steeds die Sharkies het te veel skietgoed voorlangs virrie Force. "Jetlag" behoort ook nie so 'n groot faktor te wees nie, want dis maar 'n 9 of 11 ure vlug van Jo'burg af Perth toe...
Sharks met 7.
Chiefs vs Blues - Die kenners sal wil sê dat die Blues gewoonlik sukkel teen die manne van Hamilton, maar die Blues is 'n baie beter span hierrie jaar. So maklik soos dit.... Ek sien uit na die hierrie ene: Braid, Kaino en Macdonald teen Messam, Luaki en Holah.
Blues met 12...
Hurricanes vs Bulle - Die Hurricanes is rubbish... Hoekom sê ek so?? Omdat hulle getrap is deurie Stormers...
Laasweek se oorwinning teen die Highlanders, en die feit dat dit die laaste wedstryd op toer is, behoort genoeg motivering virrie Bulle te wees. Tel daarby die feit dat die Canes moes terugvlieg van SA af, en ek sien 'n Blou Saterrag wat vi Wellington wat voorlê.... (hoekom voel ek ewe skielik so naar?)
Bulle met 9..
Waratahs vs Crusaders - Verlede jaar was die Force die vloerlap vannie kompetisie. Hierrie jaar is dit die klomp wintgatte van Sydney se beurt (jy kan sien ek's verlig die Stormers kon hulle darem wen!!) Dinge kan seker nie k@kker in Waratah land nie, maar ek kan regtig nie sien hoe hulle die Crusaders kan upset nie... Hulle mis Matt Rogers, Phil Waugh, Phil Whitaker en Dan Vickermann maar net te kwaai..
Crusaders met 15..
lekker naweek
Big Pik