Sunday, March 11, 2007

Baie byt...

Oraait, die afgelope naweek was nie so goed soos laasnaweek virrie SA spanne innie super 14 nie, maar nou ja.... Die Lions het gespeel teen 'n baaaaie goeie Blues span, ennie Stormers.... Well nou ja.... Ek willie nou al my bloeddruk opja nie, so ko ons praat maar laaste oor hulle vandag......

Wat mens wel ka sê, is "Well done Sharkies"..... en seker ook da maar "Well done Bulle...." (Again, ek sal seker weer innie stort moet ga huil oor daai laaste comment vanaand....)

Sommige kenners sal seker ka moan oorie feit dat die Sharks nog nie 'n bonsupunt verwerf het na 5 rondtes nie, ma ten minste is hulle nog unbeaten! (Die enigste span innie kompetisie, op hierrie stadium, may i add!) Ek's seker daarvan die "vanne Merwe grappe va Kaapstad" sal wat wil gee vi so 'n rekord.....
En oukei, hulle het miskien'n gunstige draw hierrie jaar, maar dit veranner niks aan die feit dat hulle tot dusver actually al hulle tuiswedstryde gewen hettie. (nogge rekord waarop die outjies va Kaapstad maar net oor ka droom....) Te veel spanne bank oppie "home ground advantage" deesdae, sonner enige sukses.
Ek lees baie mense beginne al te praat vannie Sharks se opkomende Australasië toer, en "dit sal interessant wees om te sien hoe hulle vaar", ma ek dink wee die volgende twee naweke gaan vital virrie Sharks se campaign wees. Die Canes ennie Brampies lê nog voor, pappas! En dis twee wedstryde wat die Sharks kan en MOET wen. Maakie saak wat die mees stoere Canes of Brampie supporter vi jou wil laat glo nie, maar albei spanne was maar "average" gewees tot dusver hierrie seisoen. (Die Canes is after all afgeslag deurie Stormers in NZ, so enough said..... )En alhoewel die Brampies weer Vrydagaand virrie Stormers op hulle neuse laat kyk het, wonner ek net hoe op dees aarde hulle NIE die bonuspunt drie kon verwerf het teen 'n Stormers span wat omtrent so effektief oppie verdediging was as DjyPie Nel se teenwoordigheid by 'n "Help jou naaste" saamtrek....
Mortlock was op sy inspiring best teenie Stormers, maar Julian Huxley is nou maar nie Stephen Larkham nie.... (alhoewel hy verseker probeer om net soveel pleisters op te plak as Larkham...) En sorry, ma sonner Larkham impress hulle my steeds nie. (Is is dit blote toeval dat hulle sonner menere Mortlock en Larkham omtrent geen drieë kon druk nie? I think not.......)

Dan die Canes: Ek weet hulle spog met spelers soos Tana, Nonu, Conrad Smith, die opwindende David Smith en Corey Jane in hulle agterlyn, ma hulle was noggie regtig kookwater tot dusver nie....Hulle was baaaaie gelukkig om te wen teenie Brampies, en het amper danksy Mark Lawrence ook gewen teenie Force laasnaweek. Plus, het ek al genoem dat hulle opgesaag is deurie Stormers die anner dag????? En jaaa, ek weet die terugkoms va hulle All Blacks spelers gaan 'n verskil maak voorlangs, maar dit kan reeds dalk al 'n geval wees va "too little, too late".... (weet ook noggie wanneer Jerry en co hulle actual terugkeer ga maakie.... Dalk feature hulle nog nie eers teenie Sharks nie?) Ek weetie hoekom nie, maar ek dink net die Sharks behoort hulle te klap hierrie naweek... (sorry Smittie: ek mag dalk sopas die "curse of Big Pik" op julle gesit het.....)

Da moet ek seker ook iets (nice) sê oorie Bulle........ Kyk, virre span wat traditionally nervous en homesick raak tydens die busrit vannie hotel na Loftus toe oppe Saterrag, om back to back oorwinnings in Aussie te behaal, moet ek seker maar sê welgedaan..... Net jammer DjyPie het (weereens) 'n breindood oomblik beleef. Sy skorsing van 3 wedstryde ka julle dalk nog duur te staan kom oorie volgende paar weke...

Die Lions is ook terug moeder Aarde toe gebring na hulle nederlaag teenie Blues. Dit was nou soos ou Jake sê 'n geval va "matrics against std 6'ers"... Ek's baie verras met hulle resultate tot dusver, maar ek's net bang hulle wiele kom nou af.. Hierrie naweek lê die Chiefs ook nog vi hulle en wag, en ongelukkig issie Chiefs due 'n wen virre slag.. Ek ka maar net hoop die jong, onbekende Leeus kruip nie nou in hulle dop, en dat die Cats wee hulle verskyning maak virrie res vannie toernooi nie.....

Die Cheetahs issie SA span (naas die Stormers natuurlik) wat my die meeste bekommer oppie oomblik. Die nederlaag teenie Crusaders, ennie gelykop uitslag teenie Chiefs het Rassie ennie manne kwaai seergemaak.. Hulle oorsese toer lê ook nog voor....

Dan laaste kom ons byrrie Stormers.... Hulle is die span wat nuwe betekenis aan die woord "inconsistent" gee tot dusver (vi nogge jaar!!!!) Ek is seker ou Kobus moet maar saam met my begin werk soek.. (alhoewel ek hom nie vir alles sal blameer nie.. Hier moet die spelers ook hulle hanne 'n slag opsteek!) Daar's groooot fout in daai hele setup!
Ek voorspel egter die volgende sal gebeur hierrie week: Die media wat vi Kobus, Luke en co (met reg!!) 'n harre tyd wee gee.. Kobus wat sê "we're going back to basics".... Jean, of een of anner mede superster innie backline wat vi almal wil vertel "alles is noggie verlore nie", of "die gees is fantasties", "ons hoop om ons onnersteuners trots te maak".. Dan Saterrag verras hulle maar weer vriend en vyand en laat sê die Waratahs les op... en dan's Kobus maar weer "safe" vir nogge 'n week... Ongelukkig sallit nie wees omdat hulle uiteindelik hulle vinger uit hulle you-know-what getrek het nie, maar net omdat die Waratahs nog meer innie k@k assie Stormers oppie oomblik is.. Hulle mis vi Matt Rogers, Phil Waugh en Dan Vickermann.. Tiquiri se mindgames mettie ARU help ook nie juis nie, en lyk my hulle supporters het ook vinnger moed opgegee assie Stormers s'n, na hulle geploeter teenie Force ennie Bulle..... En, dan dink die Stormers hulle het dinge moeilik..

cheersie
ek-bly-ongelukkig-nog-allie-pad-'n-Stormer Pik

1 comment:

Anonymous said...

sexchat

geile titten

Live Girls