Thursday, July 13, 2006

SPIESiaal vi jou.....

Liewe Jake,

Jis ou, hoe lyk dinge? Kry jy my briewe? Als nog oraait da bo in Brisbane? Ek hoop nie die Gold Coast is TE lekker, ennie manne lê weer net heeldag oppie strand nie.... Jis, ek hoop julle bly darem inne grênder hotel assie Backpackers waar ek en Liefie gebly het laasjaar!! So, vanne hool het ek laanklaas gesien!! (en, onthou ek's va Kraaifontein af!) Ma', vi $15.50 per nag, wat het ons verwag..... Maar, wat praat ek als: SARU kyk mos darem mooi na julle groot menere!

So, gepraat va SARU:Ek hoor hulle willie jou kontrak nou al verleng nie.. Moettie worry nie, ou pel: Dit gebeur mettie beste van ons, trust my!! My huidige werk het ook einde Januarie maand besluit om nie my temp kontrak te verleng nie, en ek was net so upset!! Dis darem 'n klap inne mens se gesig, ne!! Maar, hulle't ook gou agtergekom hulle't my meer nodig, as ek vi hulle nodig gehad het, en whoops whalla.... Ek's nog steeds hierso!! My ma sê mos altyd: "maak jouself irreplacable!!" Dag ek dra sommer net so bietjie vannie Ouvrou se raad oor aan jou....

Anyways...
Ek skryf maar net om julle sterkte toe te wens vi moreaand se game!!!
Dis vi my darem so interessant om na al die comments innie koerante te luister.. Sal darem lekker wees as julle, na julle heel week gesê het julle gaanie Wannabees net voorlangs target, besluit "bogger dit!!!", en hulle verras ommie bol bietjie wyd te speel... Hel, dis darem nie asof ons bietjie variety kort in ons spelpatroon oppie oomblik nie.... Ek meen, die Aussies dink darem ookie julle's breindood nie.....
Maar ag wat, ek sê weer... Wat weet ekke nou?
Sê vi spEISH, ek sê hy moet lekker speel, so ook Aikona!

O ja: ek het amper vegeet om te noem!! Julle was seker al op pad Aussie toe, so jy sou dit nie kon sien op Supersport nie: Province het laas Saterrag die Bulle gewen!! Op Loftus nogals!! 15 - 10 wassie eindtelling. Apparantly het Luke gekook....Ek moet ook maar wag virrie replay hierrie Woensdagaand oppie Rugby Channel, ma' Daniël het gesê hy sallit vi ons tape!! Dan sal ekkit sommer vlge Saaragoggend vi jou bring byrrie hotel in Wellington, as ek ons toetskaartjies kom optel. (jy onthou mos daam nog jy't my 2 tickets belowe, of hoe?)

Goed ou vrind, ek moet afsluit!!
Alles vannie Bokste!!!

Big Pik

No comments: