Wednesday, June 28, 2006

Luke here, Jake!!

Oy, Jake, hoesit!

Ek hoor jy was bietjie London toe gewees hierrie week!! Vertel, vertel, hoe wassit gewees?? Het jy 'n cab gevang van Heaf-frou af, of het jy sommer oppie tube gespring, saam met die res vannie tourists?
Wat het jy als gemaak daai kant? Het jy die view vannie stad bekyk da uit die Eye uit, of was jy Madame Tussaud's toe? Of bietjie tennis ga kyk by Wimbledon? Dalk het jy 'n belangrike meeting gehad mettie Queen?? Ek meen, om so skielik die week voorie Tri Nations afskop, op te skiet London toe (va alle plekke!!), daarmee ook die bekendmaking vannie squad te delay mette paar dae, MOET dit seker iets belangrik gewees het, of hoe!! mmm..... Ma, ek hoop jy't dit geniet! We'll agree to disagree, ma' London issie my most favourite holiday destination nie... Dis te gejaagd en alles is hopelessly overpriced..

Ma' om terug te kom by die eintlike rede hoekom ek vi jou skryf!: Ek hoor toe vanoggend oppie draadloos da's 4 nuwelinge in jou squad. Ek het gehoop 2 van hulle was Schalk Brits, en Luke Watson, maar tensy my disleksie verswak het innie afseisoen, spel mens nie Schalkie se naam "Danie Coetzee" nie, en ookie Luke s'n as "Solomiza Tybillika" nie.... Jy moet my ma' reghelp ou grote, want ek sukkel ma' met die groot woorde, jy weet dit mos!!

Ma', Jake, ek is geworry!! Jy's besig om foute te maak, ou chaaina! Vi jarre het die mense van Snor City vi jou gesing "Makie Bulle almal Bokke", ma' nou't jy die kat lykkit my heelemal aanie stert beet!! Gary Botha issie Bulle se haker, nou al vi meer as twee seisoene lank al, en nie Danie nie!!!!!!!! Hy's einde laasjaar al Engeland toe!! Hy sit deesdae oppie bench vi London Irish, en nie mee virrie Bulle nie!!! Maar, oukei: jy soek mos 'n backup haker wat KEN va oppie bench sit!!

Nog 'n boggerop, is Aikona Ndungane!! Ek moan nie oorie feit lat hy innie squad issie, nee glattie!! Hy is miskien nou nie so "versatile" soos Andre Snyman en Gaffie nie, en kan slegs vleuel speel en drieƫ druk, maar, net vi in case jy nie geweet het nie, hy't 'n tweeling boetie, Odwa, wat virrie Sharks speel! Hy's OOK 'n vleuel, ma' net 'n linkervleuel, en nie regs, soos sy boetie nie. Eish, weet dit klink confusing, ma nou laat jy die anner ene na die "Odwa out" voel, deur hom nie te kiesie.... (hahaha, Hoop jy vang dit... niks soos 'n bietjie humor tussen ou vrinne nie, of hoe?)


Oraait, Jake, laaste paar dinge wat ek wil weet, voor ek afsluit: Waas Pedrie?? Is hy weggelaat omdat hy noggie daai "oukei, Victor, ek gaan jou nou van agter-af help oorie lyn stoot" move bemeester het soos Jacques Cronje nie??? Laas toe ek gecheck het, het dit ook nie eers meer virrie Bulle gewerkie...
Waas Ruan?? Hoekom het jy hom uitgelaat?? Issit sy eyebrows?? Of, moet hy ook beginne blou tokse dra, soos Fourie "ek gaan skree!!" du Preez?? Pienaar was maar net die most exciting SA backline player gewees innie super 14..... Hy kan alles doen wat Ricky en Fourie kan doen, net beter... Hy kan pale toe skop, en sal beter vaar op flyhalf as Jaco EN Andre Pretorius...
Maar, sorry ou pel... Wat weet ekke nou....

Groetnis
Pikke

No comments: