Thursday, June 08, 2006

Die vloek vannie Bok coach...

Oraait, Jake se honeymoon is well en truly over..... In 2004 kon hy nie 'n voet verkeerd sittie... Die champagne het gevloei, ennie media en SA rugbypubliek het die grond aanbid waarop ou Jake geloop het... Kom 2005 en ons het nou wel nie die Tri Nations titel defend nie, maar oorwinnings oor die Blackies en Wannabees het hom nog laat rustig slaap snags.. Ek meen, hoekom nie?? Virre slag is ons nie verneder teenie Tri Nations teenstanders nie!!
Oukei, so nou's ons in 2006, en na 1 warmup teenie World 15, klink dit vi my of alles defnitief nie meer so hunky dory issie.... Joe Public kritiseer sy selections, en as ek so na Jake se uitlatings innie media luister, klink hy vi my al klaar nervous... En dit nog voor ons die eerste ware international gespeel het, ou Jake???

Ommie Bokke coach te wees issie 'n joke nie.... Jy kan maar weet daar is 40 miljoen ouens wat glo hulle kanne beter job as JY doen, ennie SA supporters en media is maar 'n moeilike lot om gelukkig te hou.... Een week is jy hero, anner week 'n zero!! So, kom ons kyk na Jake se voorgangers, en kyk na vannie flaters wat hulle begaan het. Take note, Jake!!

John Williams: Die eerste man innie hotseat na allie jare van isolasie... Oppie Bokke se end of year toer in '92, het hy game breakers soos Phillip Schutte en Botha Rossouw ingesluit innie Bokspan.. Voorwaar 'n schutterende keuse gewees, glo ek.... Anyways, John het nie lank gehou nie...
Gerrie Sonnekus: Oukei, hy't nooit officially die job aanvaar weens "persoonlike redes" nie, maar hy was officially aangewys assie coach... Miskien wassit nog die baggage van 1974, toe hy moes skrumskakel speel teenie Britse Leeus....
Ian Macintosh: Mac het nooit genoeg kans/tyd gekry nie... Na die series loss teenie AB's in '94 (in NZ nogals...) is hy die boot gegee.. Miskien was hy te Engels...
Kitch Christie: wyle Kitch issie man wat vir ons die Webb Ellis trofee besorg het....
Andre Markgraaff: Aaah, die comeback king.... Die man wat die golden boy, Francois Pienaar gedrop het... "f..n Pienaar!! f..n Mlluleki George!! f..n nou genoeg gehad vannie f..n heel gemors!" Ai, toe gaan staan en vang sy tjomma Andre Bester hom so...... Maar, Markies het return assie vise president van SARFU oppe kol... DIT wil gedoen wees!!! Ek persoonlik sien vir hom 'n toekoms innie politiek!
Carel du Plessis: Die prins van vleuels!! Sy eerste coaching job was sommer die Bokke job!! Eish... Hy't defnitief 'n paar mense geken by SARFU.... Van Carel se "Moments of magic", was Edrich Lubbe as Bokke binnesenter EN stelskopper... Oukei, hy het wel vi Rassie Erasmus sy break gegee, maar na die series loss teenie Leeus in 1997, het hy ook sy "Don't Come Monday" e-mail gekry van Louis Luyt....
Nick Mallett: Hierrie era laat my baie dink aan die huidige een.. Aan die begin kon Nicky ook nie 'n voet verkeerd sittie... Percy het gekook op fullback, ennie Bokke het aanskoulike wenrugby gespeel. Ek meen, ommie Franse op Parc des Princes so ore aan te sit, wassie krieket nie!! Toe gaan staan en verloor ons teenie Engelse op Twickers aanie einde van '98, en van daar af wassit ook maar net afdraand... Ewe skielik het die media en public sy selections begin bevraagteken.... Arme Gaffie en Dave von Hoesslin se ore tuit seker nou nog na die Dunedin Disaster in 1999... Nick Mallett se "Moment of magic" was die weglating van Teich vir sy golden boy Blobby Stinkstert... Ons almal weet hoe effektief 'n 20% Bob was byrrie world cup... Die laaste strooi was seker toe Nick die pryse van test tickets begin kritiseer het.....
Harry Viljoen: Klein Harry was 'n besigheidsman, en het probeer om die mindset van die Bokke te veranner, en hulle 'n meer professional outfit te maak... Met minner sukses, as sy resultate oppie rugbyveld ongelukkig!! Harry se "Moment of Magic", was toe hy vir Andre Vos vervang het met Blobby as Bokke kaptein, toe die Bokke in Buenos Aires aan die einde van 2000 probeer het om vir 80 minute te speel SONDER om actually die bal te skop, en ook toe hy vir AJ as replacement opgestuur het innie Twickenham toets in 2000, net om hom 3 minute later weer te vervang het met iemand anners.... Eish!! Aanie begin van 2002, wassie "stres en media foltering" vir hom te veel, en het hy bedank.
Rudolf Straueli: Aaah, Doflie, Dolfie!! "Do you fink our players concussed themselves?" Rudolf se "Moments of Magic": Die slag van 16-52..... Twickenham se 53 - 3 drubbing....Jorrie Muller as buitesenter virrie world cup 2003.... Louis Koen assie losskakel..... Stefan Terblanche assie vleuel..... En, wie gaan hom ooit van Kamp Staaldraad durf laat vergeet???

So, dit bring ons by Jake.... Bra, jy't blerrie goed gedoen met die Bokkies die laaste 2 jaar.. Moet nie dat die pressure jou nou van jou stoel afstamp nie... Dis laaste ding wat ons NOU nodig het...

Lekke naweek!!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!! En go Stevie G!!!!

No comments: