Thursday, May 25, 2006

Beste Jake....


Geagte mnr White,

Sorry virrie brief, ma' ek het noggie gepay nie, so kon noggie my foun (my nuwe Nokia 43-10 nogals...) optop nie!! Anners het ek jou sommer gebel.
Hoe lyk dinge, ou tjomma?? Jy reg virrie grooote internasionale rugby-voetbal seisoen? Die klomp Kiwi's skiem hulle initials is klaar gegrafeer oppie Tri Nations troufie, so ek hoop maar jy't vi ons 'n plan B, C en D..... (alhoewel ek ma partykeer nie so lekker voel oorie plan A nie, maar nou ja.... Ons kan seker nie oor alles saamstem)

Oukei, nou hoekom skryf ek vi jou, sal jy seker binnekort vra... Nou maar toe! Dis hoe dit is: Ek issie happy met jou 45-tal wat jy twee naweke terug aangekondig hettie!! (ek sou al laasweek vi jou geskryf het, assit nie net virrie feit was dat die Stormers my so teleurgestel het teenie Bulls nie!! Dit het Liefie 'n week geduur om my te oorreed om NIE vannie Auckland Harbour Bridge af te spring nie.... Apparantly kan daar erger dinge gebeur het!!! Ja, ek stem saam: Die Bokke kan seker met 50 punte 'n toets verloor! ....oops, dit het al gebeur...)
anyways.....

Ek het vir jou 'n voorstel, meneer White: Hoe lykkit mette "My span teen jou span" kompetisie!!
Ek het so bietjie gecheck na jou squad, en wonner hoe hierrie klomp sal vaar teen enige combination van die huidige "45 bestes in SA.." (Oukei, ek moet sĂȘ met Joubert en Chavanga se onttrekking hierrie week, lyk jou squad klaar beter, maar nog steeds.... )
So, here goes:
Big Pik se Rejects:
15 - JP Pietersen
14 - Akona Ndungane
13 - Ronnie Cooke
12 - Bradley Barrit
11 - Odwa Ndungane
10 - Earl Rose
09 - Scott Mathie/Janno Vermaak
08 - Ryno van der Merwe
07 - Warren Britz
06 - Luke Watson (kaptein)
05 - Ross Skeate
04 - Johan Ackermann
03 - Danie Thiart
02 - Schalk Brits
01 - Ollie le Roux

Oukei, ek weet jy't weer gal afgegaan die week oor "player burnout", so ons sal maar moet sien of jy hierrie kan inpas by jou Bokke se reeds druk program..

Goed ou grote, laat ek afsluit. Dis naweek, en ek hoor Bar Africa oppie Shore het 'n groot makietie aanie gang na werk.

Groetnis
Big Pik

Ps - go the Harrie-kyns!! "bring vir die Harrie-kyns nog wyn!!!"

No comments: