Thursday, May 11, 2006

Ek soekke nuwe foun......



Oukei, oukei, ek issie die grootste tek-nou gheek nie, maar komaan: die Nokia 75-14 is SOOO ounuus en 2005!! Time to get whiff the program, and move forward whiff teknolougy!! En, ek gee nie om WATTE foun Vodacom my as upgrade wil gee nie!! Ka ma' 'n Nokia 13-12, offe 3-0 ook wees... Enige iets is beter as my huidige baksteen.....

Kyk, ek probeer deesdae realisties wees, en probeer om rugby-voetbal te kyk SONDER my geliefde, gestreepte brille, MAAR hel... Ek kannit nettie oor my hart kry ommie Bulle te back teenie Stormers nie..... (net die gedagte daaraan laat my klaar weer hardloop na die ablusieblokke....) En, na laasweek se gehuilery innie stort so op my eie, voel ek ook "snaaks".... So, hopelik het laasjaar se vernederings op Loftus (jaaaa, ek kan ookie vergeet van 39 - 3 nie...) die spelers ook honger gemaak om hulleself te redeem.. Maar, eish.. Gaan taf wees!!! Hopelik pak Kaapstad vir Nuweland VOL, en speelie weer, en seker most importanly: die spelers saam!!! Note to Bulle fiseo: Bly kalm, ou grooote!!

Dan, die Sharkies het nogge akademiese kans (assie Crusaders natuurlik die Greganlose Brampies afslag vanaand, bygesê..), maar let's face it: Hulle gaanie die semi's maak nie... Maar, hopelik vermorsel hulle in elk geval nog die Force in Dirtbin!! Kyk, die Farce het nou genoeg simpatie gekry! Hulle het toe laasweek die inevitable wen gekry, so niks meer "Haai, sjym, die arme Forcies.." sêgoed nie!!! Ruan, AJ en co: slag hulle AF!!! julle KAN!!!!!

Dan, laastens: Katte teen Cheetahs... Ek glo die twee gewese spanmaats gaan mekaar goed opdreun, met niks as trots oppie spel nie... Jacque Fourie het actually laasweek weerie feeling gekry hoe dit voel om actually agter die opposisie se doellyn te wees, i.p.v jou eie, so hopelik kickstart dit ook SY seisoen.. Maar, aan albei spanne: Good luck, julle gaanit nodig kry... Kimberley se rugbyvelde issie so sag soos waaraan julle deesdae gewoond issie...

Oraait, Jake wys sy groep van 45 spelers aan Saterragaand, so vlge week kan ons bietjie oorie Bokke gesels!! (alhoewel ek al klaar upset is dat vlgs gerugte innie media, manne soos Luke, Britsie en BJ nie goed genoeg is vi hom nie........) eish!!!!

Oraait, lekker naweek!!

Onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!!!

ps - Kevin Mealamu stuur groete!!!

No comments: