Wednesday, May 03, 2006

Nou wat nou??


Vi die van julle wat dink als is hunkydory, en Big Pik hettie Stormers vergewe vir allie twak wat hulle tot dusver die seisoen opgedis het, THINK AGAIN!! Een Saterrag mirrag maak nie MY super 14 seisoen nie!!! Ek stem saam: Saterrag was blerrie mooi en lekker, ma' splinternuwe challenge lê klaar weer voor hulle deur: Ka hulle dieselle klas rugby vi twee weke inne ry opdis??? Dis vi my die million dollar question.... En my gut feeling is nog steeds NEE..... Wie sê laas Saterrag was nie maar weereens net NOGGE false dawn innnie Kaap va Stormers nie?? Kyk, ons Kapenaars het partykeer rede om so wintgat te wees, maar ons kannie sommer dink na 1 ordentlike game uit 11 probeerslae "ons is daar nie"... Nee wat: Gaat kyk maar net wee die Bulle v Sharks game (hoe pynlik dit ook al is...) Ja, die Stormers se cheerleaders IS hotter, ons fiseo issie so aggressief soos hulle s'n nie, maar nou ja.... Laas naweek se game teenie Sharks het net weereens bewys dattie Bulle nog steeds die pas aangee in SA rugby oppie oomblik... (oukei, ek sal huil innie stort vanaand oor daai uitlating... sorry)
Hulle's 'n anner span op Loftus (alhoewel die Cheetahs nie sal saamstem nie! 23 Oktober....) Hierrie naweek is wee 'n groote in Snor City!! Robbie Deans het besluit om vi Makou uit te laat, maar ek sallie verbaas wees as hy wel uitdraf nie... Tensy hy besering het, hoekom die man twee weke inne ry laat uitsit?
Maar, ek dink die Bulle kannit doen.... Verwag 'n moerse backlash, want twee below par performances deurie defending champs is weird deesdae, maar ek glo die Loftus faktor sal hulle deurdra... (weereens, stort toe vi my...) Leer net die senters 'n anner move as daai skêrbeweging hierie week seblief!

Dan, in Dirtbin issit die Sharks v Stormers.... Big Joe se uitlatings die week innie press dat "dit die Bulle game vlge week is op Nuweland waarna almal so uitsien" maak my bekommerd... Moet julle dalk nie eers worry oor hierrie naweek se game teenie Sharkies nie, my ou neef?? Eish... Nou's ek sommer weer upset van voor af.....
Die Stormers se forwards was puik verlede week, maar die Sharkies is ookie paloekas voorlangs nie..... Soos ek vroeër gesê het: consistancy issie wagwoord. Weet hulle was consistant power gewees tot dusver, maar hulle sal moet vinger trek as hulle actually drie naweke inne ry wil wen.... Sharks gaan vi oom Tony mis, maar ek dink hulle gaan nog steeds met 5 of 7 punte die ding doen... (oukei, nou's dit regtig stort toe vi my!!)

Lekker naweek!
onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!!!

No comments: