Thursday, April 27, 2006

Dankie, Hoff!



Julle mos gesê hy's al wat ons kan red!! Vi ingeval julle dit gemis het: Kosie het vi Nick ge-sms halftyd, en gevra offit oraait is om vi Hoff op te stuur innie plek van Chavanga, Nokwe, Benji, Jouba, De Wet, Jean, Naas en Bolla.... Ek meen, 'n quadru-triple plaasvervanging is nog nooit gesien in rugby union nie!!! Maar, weereens is dit die Stormers wat die pas aangee in die professionele era!! Absolute baanbrekers as dit kom by innovasie, se ek julle!!! Die eerste span in die geskiedenis vannie kompetisie wat so met reëlmaat hulle tuiswedstryde verloor, wat alombekend staan "assie span met die mooiste truie en supporters, en dis al wat tog tel!", en daarby saam is hulle ook hierrie seisoen die gunsteling om mettie Academy Award innie "hoe omme game in die laaste 5 minute op te bogger" kategorie weg te stap. So, wees postief, Kaapstad!! Ons het baie om voor dankbaar te wees!!!

Maaar, om terug te kom na die Reds wedstryd: Gelukkig het Koos en Nick se gamble, om met slegs 1 speler innie backline te speel die laaste 30 minute, vrugte afgewerp!! Hoff se 3 try blitz was te veel virrie Rooi span!! Dit kon 4 gewees het, assie blerrie TJ nie beslis het sy "skip pass" na homself, was vorentoe nie..... Take a bow, Hoff!! U da man!!!

Oraait, genoeg oorie Stormers....

Highlanders v Waratahs: Oukei, ek het so paar weke terug besluit ommie Waratahs te begin seriously consider asse title contender... Die Highlanders is wel terug oppie "House of Slym", maar hulle sukkel maar nog steeds sonner Nick Evans op 10 en James Ryan op slot...Waratahs het bewys hulle kan weg vannie huis af wen, en Vrydagaand behoort nie anners te wees nie. Waratahs wen met 7 en bonuspunt...

Cats v Force: Hoe unlucky wassie Farce nie laasweek teenie defending champs nie?? eisssshh!!! Sorry Cats, maar julle gaan hierrie jaar die Academy Award verower innie "ons is die eerste paloekas wat teenie Force verloor het" kategorie. Frans Ludicrous, ek hoop jy't vi jouself 'n goeie aftree pakket beding byrrie Lions Rugby Unie, want my kristalbal skimp vi weke al oor wanneer jy die "don't come Monday" memo kry by Andy Turner... Force behoort die "jetlag" verskoning te kan gebruik oppie perskonferensie, asook "altitude", maar behoort nog steeds te wen inne baie gelykop stryd... Een of anner tyd moet jy 'n close ene wen... Ek meen, selfs die Stormers het al hierrie jaar.... Force met 1 punt

Hurricanes v Chiefs: Oukei, die Hurricanes is voorwaar in 'n benydenswaardige posisie oppie oomblik: Hulle het nog glattie die wereld aanie brand gespeel nie, en lê 3rde oppie log!! Die Chiefs speel ook nie eintlik goeie rugby vi 'n volle 80 minute nie.... Behoort 'n goeie, vloeiende wedstryd te wees, propvol drieë. Oukei, hier's my upset virrie naweek: Chiefs met 3...

Brumbies v Reds: Oukei, dis twee Aussie spanne hopelik die lewendige stoelgange uitmekaar uit gan tekkel... Who cares? Brumbies met 10... NEXT!!

Cheetahs v Blues: Oukei, die Cheatertjies behoort ook oppie "ons is moeg" trein te kan spring, maar ek dink hulle sal honger wees na laasweek se naelskraapse verloor teenie Chiefs. Hulle speel ten minste ook die volle 80 minute, so die Blues kan maar weet daar lê NOG meer heartbreak vi hulle voor Saterdagmiddag. Juan is terug, en die manne van Bloem behoort die Aucklanders voorlangs af te polish. Ek glo nie hulle gaan wen mette bonuspunt nie, maar Cheaters met 7...

Bulle v Sharks: Die game vannie naweek!! Die Sharks speel blerrie goeie rugby-voetbal oppie oomblik, en SA sien uit om te sien hoe die twee pak voorspelers teen mekaar opweeg. Maar, die Bulle isse anner span op Loftus, jong..... Ek sou net vi Jaco op 10 gespeel het, en nie fullback nie.. Maar, miskien probeer Heineke vi Dick mette slapriem vang, en draf da nogge anner fullback Saterrag uit.... Who knows??? Be prepared vi 'n genadelose 80 minute... Gaan close wees... Eish, can I ask the audience on this one??

Stormers v Crusaders: Die Crusaders dink so min vannie Stormers, dat hulle dit kan goeddink om vi Makou, Krater en MikDonald uit te laat.... 5 jaar terug was ek op Nuweland toe die Stormers die Crusaders met 30 punte kafgedraf het.... Boeta, dose were de days..... Laasjaar is ons afgeransel met 30+ punte, en hierrie jaar behoort dit nie veel beter te gaan nie... Stormers gaan verwoed begin, maar behoort so starrig maar seker die handdoek in te gooi oor die laaste 15 minute... Crusaders met 10...

Oraait, lekke naweek!!!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!! (ek sien hy's terug oppie vleugel...)

4 comments:

koevoet said...

Hi Pik. Sjoe, die naweek is close games. My kop sê dat 'n SA span nie die semi's moet maak nie. Laasjaar het die Bulls, en toe kry Bakkies seer met die 1e fiksheids sessie in Bloem. Maar my kop se moer. GO BULLS!!!

Ek gaan net oor die hoof wedstryd praat vandag. "Daar waar van seuns manne gemaak word, Loftus Versfeld, duskant die Hotel 224". Hier kom 'n grootte. Die Sharks se Tony Brown rate hulle pak as die beste in SA. Stem Victor saam? Hy het gesê "Ek is bly ons kan onsself teen die beste meet Saterdag". Reg vir aksie? Reg vir die line-ups? Hou vas julle tieties, pappa gaan nou jaag!!!
Voorrye (uitgesluit haker). Hier dink ek het die Sharks 'n voorsprong. BJ Botha is 'n masjien. En Wessel Roux is nie so 'n goeie skrummer nie. BJ speel vir bok-kleure. Maar wat vir Wessel tel is sy lengte. Hy is net 1cm langer as BJ, so hy gaan moeilik geknak word.Die Bulle speel met die onbekende Danie Thiart op die vasskop (hy lyk soos 'n mini-Danie Rossouw vir my). Hy is goed, maar die Bulls het vir Andries Human hier nodig gehad. Carstens was ook al bok en is 'n goeie tegniese skrummer.
Haker - Kaptein teen die troon-opvolger. Gary se algemen spel is beter, maar John het 'n goeie skrum agter hom en hulle speel 'n baie vaste spel voorlangs. Gaan vic sy lynstaan tekens kan lees en al sy gooie steel? Weet John waar Vic gaan spring?Gaan die Bulle hom kan "pop" met hulle Bajada-skrum? Wie gaan die eerste vasskop haak - Gelyk in my boekies.
My mond water al in afwagting!!! Slotte - Hier is die Bulls met net 'n kortkop voor, en dis alles oordat Akkers terug is. Die 2 jaar uit vir Steroids het hom genoeg petrol gegee vir nog 'n laaste seisoen. Maar die Bulls het vir Bakkies en vir Victor, die beste slotpaar in die wêreld. Hulle gaan oor die manne maul en hulle vertrap tot in die groen gras van die Pretoria heiligdom.
Loosies - Ek sou graag wou sien dat die Bulle vir Pierre Spies in Cronje (ek verloor die bal in kontak) se plek gestart het. Hy is 'n spesiale talent. Maar selfs sonder hom het hulle 'n gelyke kans. AJ oorskadu effens vir Cronje, Pedrie oorskadu vir Botes en Dlulane (bal steler van formaat) en Warren Blits is gelyk.
Fourie du Preez vs Ruan Pienaar. Op Rou talent het Pienaar die voorsprong, maar laasweek teen die Cats het Fourie vir Enrico 'n paar lesse geleer, so Ruan sal moet ligloop. Skrummie is nie net oor breek nie. - Gelykop
Brown vs Steyn - Brown verseker. Die ou speel die rugby wat van die sharks 'n mag gemaak het in die negentigs, Honnibal rugby. Tackle soos 'n dier, hardloop soos 'n windhond en bang vir niks.
Senters - Res van die Agterlyn - Ek rate die bulle man vir man beter, veral noudat Jaco terug is. Hy bring 'n ander dimensie aan die agterlyn, en selfs met Percy daar is die Sharks nie opgewasse teen 'n bietjie Japanese Samurai magic nie. Die senters is goeie eerlike spelers, maar nog bietjie jonk. Percy kan skop, maar sy spoed het blykbaar op die nat walliese velde agtergebly. Habana lyk weer lus vir driee druk en Frikkie bring so 'n bietjie mongrel terug in die agterlyn.En Wynand Olivier? Hy gaan nog bok-rugby speel, julle het dit eerste hier gehoor!!!
My voorspelling - Die Bulls gaan wen, maar net net. Jake gaan niks wyser word nie, want die game gaan soos 'n slagveld lyk. En Loftus gaan kook! Die Cowboy girls gaan sexy lyk en die bier gaan koud wees!!! Ek is nou moerse lus vir braai. Kom Saterdag, kom!!!

Kadense said...

Pik, Koevoet, ek moes myself eerder Skoffel genoem het...

Anyway, ja daar is net een game die naweek want al wat die ander games doen is om ons 2005 Bokke se confidence op te dollie. Pik onthou jy hoe ek hier profeties geskryf het dat dit net 'n kwessie van tyd is voor die Stormers Jean se confidence tegniek en lus vir Rugby opdons? Julle Stormers doen SA rugby meer goed as kwaad! Nou skuif julle Jean na vleuel?! Ek sou dit gelaaik het as daai Wannabee coach van julle soveel ondersteuning van Jean gewys het as in Barry... En vir Schalk op 7 speel... Nee, julle is slegter vir SA rugby as die Cats...

Die Springbok proewe op Loftus:
Voorspelling...Sharks gaan dit verloor in die laaste minuut deur 'n counter-attack drie van Jaco of Habanna... Koevoet ek is net so lief soos jy vir die Bulle maar ek sien meer fout met hulle as jy. Ons GAAN die skrums verloor. PUNT. Kees Lensing moes nooit toegelaat geword het om te loop nie en ons mis Bands op vaskop kwaai... Bakkies en Victor is beter al sou ek vir Ackers kies as Bakkies se onderstudie in die Bok span en Albert (wat op die bench sit) vir Victor. Ons probleem is dat al is Percy stadig, hy die veld mooi kan cover en met sy en Tony se skopvoete gaan ons nie genoeg lynstane afdwing nie...want ons wil nie skrum nie. Wat Heyneke Meyer te dom is om agter te kom is dat ons te stadig by die afbreekpunte is. Koevoet is 100% reg - as Cronje aan die begin (toe dit al duidelik was dat hy uit vorm is) gedrop is vir Spies het ons die Brumbies, Chiefs en Reds gewen... Kies almal dan nou vir Jaco as Bok 15? Ja hy's die beste vir 15 maar ook vir 10! Jaco langs Wynand met Frikkie op 13 en Habanna en Casper Steyn (grappie) op vleuels en Roetsie weer agter... Man dan kan ons kompeteer. Julle sal weer vir Roets tot sy reg sien kom. Maar nou ja - Heyneke wat vir Pedrie aan die begin van S14 op die bench gehou het weet mos beter. My voorspelling is dat die Bulle nie genoeg balbesit gaan kry op Jaco-hulle weg te sit nie. As die Bulle die game loshande wou wen - kies Jaco op 10... ma Bulle gaan die game op nr10 verloor. Watch net hoe gaan Tony die game beheer. Natuurlik verloor net totdat Jaco en Habanna in die 85ste minuut gaan score... Net jammer ons in London sal die gejuig net op die radio kan hoor...

kakeish said...

Ag nee wat manne - ons het net oë vir die Cheetahs - ons slaan ons oë op daar na die rugbyvelde van Bloem - en wat sien ons daar?
Moenie so gou van die Cheetahs vergeet nie - hul is duidelik die beter helfte van die ou Cats span. Hulle gaan nou wel nie die S14 wen in hul eerste jaar nie - maar hul doen nogal nie te k@k nie né. Besides daai manne rock almal - plat op die aarde - nie groter as die game nie - hulle wil nog speel. Hulle is trots om Cheetahs te wees - ek dink baie mense vergeet deesdae hoe 'n groot deel van die spel is in trots en om beskeie te wees - die Blues gaan Kimberley se gat sien Saterdag.
Proudly Cheetahs - since laas naweek in Hamilton

Big Pik said...

Koevoet, jou komplimentêre rugkrap by Pikster se paleis van plesier is innie pos...

Ja, ek en Kakeish was laasnaweek mos Hamilton toe, virrie Cheetahs stryd. Was gelukkig genoeg om vannie spelers narrie tyd raak te kuier, en ek stem saam: Hulle ROCK!! Great spul manne daarie!!

Ek wou die Bokpraatjies vi later gelos het, maar nou ja... Jy gee jou lesers wat hulle soek!!
Ek lees vandag Keo praat ook van Spies as moontlike "shock inclusion" in Jake se 45-tal. Hy beskryf hom as 'n mengsel tussen Bobby en my nefie, Big Joe... Dis seker so na aanie perfekte losvoorspeler as wat mens kan kom... Nou vra ek julle: wat is dit met SA en sy losvoorspelers??? Ons is for sure die loosie fabriek... Net jammer ons kannie blerrie losskakels en senters maakie...
Julle weet ek issie Bloubul fan nie, MAAR:Die bulle gaan taf wees op Loftus.. Ek glo egter darem die Sharkies weet dit!!!
Heineke en co verwag 'n aanslag voorlangs, jy kannit aflei in wat hy tot dusver innie press te sê gehad het... Hy praat die Sharks agttal so goed (met rede!), so Dick kan hom nie blameer daar is nie "respect" nie... 'n Jaar terug sou ek gedink het GEEN span in SA kan die Bulle voorlangs troef nie, maar julle mis vi Kees!! Jul's reg: BJ Botha isse masjien!! En, innie woorde van Kitch Christie: jy het daai regterskouer nodig!!
Smittie het innie week gese sy span gaan probeer om nie TE involved te raak met die off the ball stuff nie.... Of dit wel gaan gebeur, sal ons moet sien. Die Sharks het vlgs my die oorhand voorlangs, maar ek dink dis agter waar die Bulle (as hulle net wil afwyk van kick en tjaarts!)dalk die oorhand kan kry. Habana en Jaco is klas, gee hulle nette slag die blerrie ball!!Aan Sharks kant hoop ek Dick gee vi JP Pietersen 'n run... Die mannetjie maak my excited! Sal graag wil sien hoe reageer hy inne "groot" game...
Laastens: Wynand Olivier - ek laaik hom. Julle gesê hy's gans te stylish vi Pretoria... Hoop nettie Morne Steyn skrik te groot vi oom Tony nie...
My call: ek dink dit gaan super close wees, maar dalk druk AJ 'n oorstoot drie innie laaste minuut...