Thursday, April 27, 2006

Dankie, Hoff!



Julle mos gesê hy's al wat ons kan red!! Vi ingeval julle dit gemis het: Kosie het vi Nick ge-sms halftyd, en gevra offit oraait is om vi Hoff op te stuur innie plek van Chavanga, Nokwe, Benji, Jouba, De Wet, Jean, Naas en Bolla.... Ek meen, 'n quadru-triple plaasvervanging is nog nooit gesien in rugby union nie!!! Maar, weereens is dit die Stormers wat die pas aangee in die professionele era!! Absolute baanbrekers as dit kom by innovasie, se ek julle!!! Die eerste span in die geskiedenis vannie kompetisie wat so met reëlmaat hulle tuiswedstryde verloor, wat alombekend staan "assie span met die mooiste truie en supporters, en dis al wat tog tel!", en daarby saam is hulle ook hierrie seisoen die gunsteling om mettie Academy Award innie "hoe omme game in die laaste 5 minute op te bogger" kategorie weg te stap. So, wees postief, Kaapstad!! Ons het baie om voor dankbaar te wees!!!

Maaar, om terug te kom na die Reds wedstryd: Gelukkig het Koos en Nick se gamble, om met slegs 1 speler innie backline te speel die laaste 30 minute, vrugte afgewerp!! Hoff se 3 try blitz was te veel virrie Rooi span!! Dit kon 4 gewees het, assie blerrie TJ nie beslis het sy "skip pass" na homself, was vorentoe nie..... Take a bow, Hoff!! U da man!!!

Oraait, genoeg oorie Stormers....

Highlanders v Waratahs: Oukei, ek het so paar weke terug besluit ommie Waratahs te begin seriously consider asse title contender... Die Highlanders is wel terug oppie "House of Slym", maar hulle sukkel maar nog steeds sonner Nick Evans op 10 en James Ryan op slot...Waratahs het bewys hulle kan weg vannie huis af wen, en Vrydagaand behoort nie anners te wees nie. Waratahs wen met 7 en bonuspunt...

Cats v Force: Hoe unlucky wassie Farce nie laasweek teenie defending champs nie?? eisssshh!!! Sorry Cats, maar julle gaan hierrie jaar die Academy Award verower innie "ons is die eerste paloekas wat teenie Force verloor het" kategorie. Frans Ludicrous, ek hoop jy't vi jouself 'n goeie aftree pakket beding byrrie Lions Rugby Unie, want my kristalbal skimp vi weke al oor wanneer jy die "don't come Monday" memo kry by Andy Turner... Force behoort die "jetlag" verskoning te kan gebruik oppie perskonferensie, asook "altitude", maar behoort nog steeds te wen inne baie gelykop stryd... Een of anner tyd moet jy 'n close ene wen... Ek meen, selfs die Stormers het al hierrie jaar.... Force met 1 punt

Hurricanes v Chiefs: Oukei, die Hurricanes is voorwaar in 'n benydenswaardige posisie oppie oomblik: Hulle het nog glattie die wereld aanie brand gespeel nie, en lê 3rde oppie log!! Die Chiefs speel ook nie eintlik goeie rugby vi 'n volle 80 minute nie.... Behoort 'n goeie, vloeiende wedstryd te wees, propvol drieë. Oukei, hier's my upset virrie naweek: Chiefs met 3...

Brumbies v Reds: Oukei, dis twee Aussie spanne hopelik die lewendige stoelgange uitmekaar uit gan tekkel... Who cares? Brumbies met 10... NEXT!!

Cheetahs v Blues: Oukei, die Cheatertjies behoort ook oppie "ons is moeg" trein te kan spring, maar ek dink hulle sal honger wees na laasweek se naelskraapse verloor teenie Chiefs. Hulle speel ten minste ook die volle 80 minute, so die Blues kan maar weet daar lê NOG meer heartbreak vi hulle voor Saterdagmiddag. Juan is terug, en die manne van Bloem behoort die Aucklanders voorlangs af te polish. Ek glo nie hulle gaan wen mette bonuspunt nie, maar Cheaters met 7...

Bulle v Sharks: Die game vannie naweek!! Die Sharks speel blerrie goeie rugby-voetbal oppie oomblik, en SA sien uit om te sien hoe die twee pak voorspelers teen mekaar opweeg. Maar, die Bulle isse anner span op Loftus, jong..... Ek sou net vi Jaco op 10 gespeel het, en nie fullback nie.. Maar, miskien probeer Heineke vi Dick mette slapriem vang, en draf da nogge anner fullback Saterrag uit.... Who knows??? Be prepared vi 'n genadelose 80 minute... Gaan close wees... Eish, can I ask the audience on this one??

Stormers v Crusaders: Die Crusaders dink so min vannie Stormers, dat hulle dit kan goeddink om vi Makou, Krater en MikDonald uit te laat.... 5 jaar terug was ek op Nuweland toe die Stormers die Crusaders met 30 punte kafgedraf het.... Boeta, dose were de days..... Laasjaar is ons afgeransel met 30+ punte, en hierrie jaar behoort dit nie veel beter te gaan nie... Stormers gaan verwoed begin, maar behoort so starrig maar seker die handdoek in te gooi oor die laaste 15 minute... Crusaders met 10...

Oraait, lekke naweek!!!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!! (ek sien hy's terug oppie vleugel...)

2 comments:

Big Pik said...

Koevoet, jou komplimentêre rugkrap by Pikster se paleis van plesier is innie pos...

Ja, ek en Kakeish was laasnaweek mos Hamilton toe, virrie Cheetahs stryd. Was gelukkig genoeg om vannie spelers narrie tyd raak te kuier, en ek stem saam: Hulle ROCK!! Great spul manne daarie!!

Ek wou die Bokpraatjies vi later gelos het, maar nou ja... Jy gee jou lesers wat hulle soek!!
Ek lees vandag Keo praat ook van Spies as moontlike "shock inclusion" in Jake se 45-tal. Hy beskryf hom as 'n mengsel tussen Bobby en my nefie, Big Joe... Dis seker so na aanie perfekte losvoorspeler as wat mens kan kom... Nou vra ek julle: wat is dit met SA en sy losvoorspelers??? Ons is for sure die loosie fabriek... Net jammer ons kannie blerrie losskakels en senters maakie...
Julle weet ek issie Bloubul fan nie, MAAR:Die bulle gaan taf wees op Loftus.. Ek glo egter darem die Sharkies weet dit!!!
Heineke en co verwag 'n aanslag voorlangs, jy kannit aflei in wat hy tot dusver innie press te sê gehad het... Hy praat die Sharks agttal so goed (met rede!), so Dick kan hom nie blameer daar is nie "respect" nie... 'n Jaar terug sou ek gedink het GEEN span in SA kan die Bulle voorlangs troef nie, maar julle mis vi Kees!! Jul's reg: BJ Botha isse masjien!! En, innie woorde van Kitch Christie: jy het daai regterskouer nodig!!
Smittie het innie week gese sy span gaan probeer om nie TE involved te raak met die off the ball stuff nie.... Of dit wel gaan gebeur, sal ons moet sien. Die Sharks het vlgs my die oorhand voorlangs, maar ek dink dis agter waar die Bulle (as hulle net wil afwyk van kick en tjaarts!)dalk die oorhand kan kry. Habana en Jaco is klas, gee hulle nette slag die blerrie ball!!Aan Sharks kant hoop ek Dick gee vi JP Pietersen 'n run... Die mannetjie maak my excited! Sal graag wil sien hoe reageer hy inne "groot" game...
Laastens: Wynand Olivier - ek laaik hom. Julle gesê hy's gans te stylish vi Pretoria... Hoop nettie Morne Steyn skrik te groot vi oom Tony nie...
My call: ek dink dit gaan super close wees, maar dalk druk AJ 'n oorstoot drie innie laaste minuut...

Anonymous said...

ha, I am going to experiment my thought, your post bring me some good ideas, it's truly awesome, thanks.

- Thomas