Thursday, April 20, 2006

Genoeg eish genoeg....



Nick Mallet en Fester vanner Merwe: luister mooi assemblief!! Sluk julle trots, dink buite die boks, dink aan die toekoms va Stormers en Weepee raakbie!! BEL VIRRIE HOFF, NOU!!!!!! Hy's al wat ons nou kan red!!! Vegeet van Chuck: dit gaan meer as nette sarsie roundhouse kieks vat om die prooooooooooo-blems te fix...

Nee o hel.... Kyk, De Wet ennie manne (of issit Britsie ennie manne.. of issit Jean ennie manne?? Ek kannie mee byhou nie... Kosie kies da elke week 'n anner kaptein!! Continuity is mos heavy overrated deesdae.... anyways...) kan nou ma kwaad wees vi my, maar ek gaanie hierrie naweek die Stormers se game oppie tievie kykkie!!! En dis in Brisbane, m.a.w lekker Vrydagaand hie by ons, ma' genoeg eish genoeg!!! Ek sal wee kyk as hulle wen...

Ek en Daan ry moremirrag Hamilton toe virrie Cheaters se wedstryd teenie Chiefs. Ek verwag egter nie miriekils nie.. Die locals sê Waikato Draught proe EERS sleg as jy in Hamilton is, so ons moet gaan toets..

So, wat gaan die naweek gebeur??

Chiefs v Cheetahs: Chiefs was laasweek maar vrot gewees. Natuurlik het dit gehelp dat hulle teen 'n vrotter span gespeel het, maar nou ja... Hulle mis vi Luaki baaaie!! Of hulle wel twee weke inne ry so useless kan wees (onthou, hulle het teenie Cats verloor... en met 14 spelers oppie veld, so enigiets is moontlik in Hamilton, i suppose...), sal ons seker maar moet sien. Die Cheetahs is moeg, hulle het 3 groot wedstryde agter die rug, so dit sal nie maklik wees nie. Ek hoop Keith Lowen speel 'n bars!! Oukei, result: Chiefs met 10 punte... Sorry Ivan.

Reds v Stormers: Ek gaan nie te veel vingerspiere verder mors oppie sogenaamde "ruiters in swart" nie... Hulle's useless, het geen passion nie, en het laasweek meer tyd innie spa's van Mt Maunganui as oppie oefenveld spandeer. So, hoe sallit dan anners wees hierrie naweek oppie Gold Coast van Australia?? Die Reds het die Bulle geklop, enough said. Reds gaan hulle met 20 punte kafdraf. Chris Latham special coming up!

Force v Crusaders: Selfs al speel Robbie Deans se ouma op loskopstut, sallie Farce nog steeds nie wen nie. (al het hulle darem 'n drie gedruk teenie Blues... hoeveel het die Briesies nou weer gedruk die anner aand op Eden Park??) Die Force is desperate, en dis gewoonlik dan wanneer 'n shock kan kom, maar "hello": dissie Crusaders....... Crusaders met te minste 15 punte

Brumbies v Hurricanes: Larkham is uit, en dis MASSIVE!! Die Brumbies (ennie Wallabies for that matter) sukkel sonner hom op 10, so dit gaan interessant wees om te sien hoe hulle cope sonner die master. Die Hurricanes speel nie die wêreld aanie brand nie, maar hulle's nog steeds in mette shot virrie semi's. Oukei, dissie Brumbies oppie Bruce stadion, en selfs al het die Waratahs hulle gesaag laas naweek, dink ek nog steeds hulle kannit doen teenie Canes.. net-net!! Brumbies met 3 (Jason Eaton se moustache is fantasties!!! Dit behoort 3 punte werd te wees vi sy span voorie afskop!!)

Sharks v Blues: Miskien verwag ek nou weer te veel van Dick en sy mannetjies, maar hel... Ek is baaaie, baie impressed met verwikkelinge in Dirbin tot dusver! AJ en Tony raak net beter, en die jong mannetjies speel LEKKER!! Die Blues kan "jetlag" as verskoning gebruik, maar ek dink hulle moet meer bekommerd wees oorie feit dat dit 'n 15h00 kick off is.. Durban issie Auckland nie!! Die humidity behoort hulle GOED te laat blaas na 40 - 60 minute. Oukei, Sharks met 7 punte...

Bulls v Cats: Elke Cats supporter sal wil hoop dieselle gebeur as wat in laasjaar se opening game gebeur het... Sorry manne: dit gaanie! Die Bulle isse anner span op Loftus... Die vlaggies sal weer waai, Steve sal blêr oorie luidspreker, ennie cowgirls sal wee laat waai mette "let's go, Bulle-let's go".. Die blou masjien sal weer voort stoomroller, en Pretoria sal weer Maandagoggend vi Frikkie, JP en kie innie groen en goud soek.. Maar, ek verwag nie sjampanje rugby nie.. die local derby sal HARD wees, maar wel verbeeldingloos, wat grens aan breindood. But, looks at the scoreboard: Bulle met 12 punte

Oukei, lekke naweek!!

Ps - Riaan rock!!

No comments: