Thursday, April 06, 2006

met EISH, ja!!


Sorry, ek's bietjie laat.. (asof iemand omgee! haha..)
Ek en Daan is besig om alles gereed te kry vi moreaand se grooote stryd op Eden Park.. Die Brandy Bunch sal in al sy glory represented wees, moettie worry nie!!! Kyk net uit oppie kassie virrie komminste spul... Glo dit kan dalk net ons wees!!! (ek het klaar vi my baas gesê as ek Maandagoggend dalk laat is vi werk, issit nie my skuld nie..)

Kyk, ons kan darem met verligting sê die Force het ons nie geklop nie.. Ook maar net-net... Genaarre!!!! maar, ou Luke Skywalker het darem kop gehou, en ons deurgetrek.. Ek dink ek het die laaste bietjie hare op my hoof verloor laas Vrydgaand van allie worry... Kyk, die Force gaan nog hulle eerste wen kry in die kompetisie, dankie tog dit gaanie die Stormers weesie.... Cheaters, Cats, pasop!!

So, wat gaan hierrie naweek gebeur. (apart from the fact dat iemand ons dalk gaan moet kom uitbail Saterdagaand..)

Crusaders v Waratahs: Ewan Mckenzie en sy spannetjie het hierrie week al klaar bloumoord geskree oor Rietsjie Makou se mannewales byrrie breakdown. Starrig manne, hoe sê hulle: Mense wat in glashuise bly..... Phil Waugh (ook nou ewe skielik mr Innocent) sê hulle sal hom "met force (nie die Western ene nie!) verwyder as hy die rucks join vannie kant af, en probeer wegkom met sy gebruiklike skelmstreke. Maar, hulle kan ontspan: Makou se grootste bewonderaar, Paul Anus is nie in beheer van vanaand se kragmeting nie, so Rietsjie sal weet hy moet hom bietjie beter gedra. Mens sal sweer Paul dra Rietsjie se liefdeskind, want hy laat hom weekliks met moord wegkom as hy die fluitjie blaas... Ons kan sê wat ons wil oor Makou, maar hy issie shtewpit nie!! En, daar is nog 14 anner spelers oor wie die Waratahs ook moet worry.. Een in besonder: Danie Crater!
Behoort die game vannie naweek te wees (danksy my meestersgraad snap ek daai een, dankie!), en kan dalk die anner spanne wakker skud/aanspoor tot groter hoogtes hierrie naweek. (ek hoop!) Waratahs is beslis semi finaal materiaal hierrie jaar, maar dit gaan lol om virrie Crusaders in Christchurch te klop... Alhoewel, Les Kiss het hulle verdediging mooi opgeknap, en spanne sukkel maar om drieë teen hulle te druk... mmmmm... ek is nog te onseker.... Can i phone a friend on this one??

Highlanders v Force: die Highlanders mis vir Nick Evans. So maklik soos dit. Die oomblik vandat hy die veld moes verlaat het met 'n besering, gaan daar ook nie veel aan in Dunedin nie. En hoe lank voorie Force actually gaan wen?? Sorry John MItchell, gaan ook nie hierrie naweek gebeur nie! Julle sal maar moet wag tot julle teenie Cats speel....
Highlanders met 8 punte.

Chiefs v Bulls: Ek het tot dusver nie te veel slegte goed oorie Bulls te sê gehad nie, ook maar net omdat my eie span so pateties is.. Maar, here goes: Die Bulle gaan agteruit!! As jy die huidige spul moet vergelyk met die Noka 75-14 model, kan jy nie glo dis amper dieselle span nie. Oraait, julle mis vir Kees Lensing, Danie Coetzee en Anton Luiperd BAIE innie span. Maar, wat gaan aan? Jacques Cronje het lykkit my na die Jorrie Muller academy of Rugby toe gegaan innie afseisoen, want sy rugby het dramaties verswak! Julle maak ook te veel staat op julle pak, en hulle oorheers nie meer nie! ok, nou kom Derrick innie prentjie. In Brian Banana, en Aikona Ndungane, het julle actually twee vleuels wat kan afrond, maar die spelpatroon (of gebrek daaraan!) om die heeltyd te kick en tjaarts, is belaglik. Julle moes NOOIT vir Prettyboy Olivier verruil het vir Dries Scholtz laasweek nie... Ok, hierrie naweek is Morne Steyn terug innie span, en hopelik probeer julle 'n meer adventurous approach as wat ons tot dusver innie kompetisie moes aanskou het... Die tekkeling kan ook nie slegter as laasweek wees nie, so all in all verwag ek 'n beter performance vannie Bulle.. Maar, ek het julle nou twee keer vantevore geback om te wen, net om teleurgestel te word met lustelose vertonings.. Sorry, hierrie week kies ekkie Chiefs met 5..

Blues v Stormers: Oraait, vi my persoonlik die game van my naweek!! Het 2002 laas die manne in swart laaif sien speel! Laasweek, op kolle het ons al gevaarliker met die bal in hand gelyk, maar het ook hopeloos te veel besit weggeskop op kolle. Bottomline is die Blues het die Bulle geklop, en die Stormers of WP for that matter het dit laaanklaas reggekry! Die Blues is op hulle hometurf, so ek gaan maar daarmee gaan: Blues met 10 punte... (ek sluk maar swaar aan daai ene..)

Brumbies v Cheetahs: Die Cheatertjies het moedig probeer laasweek, maar helaas... Hierrie week gaan nie makliker juis raak nie.. Die Brumbies is nowhere close so goed soos hulle paar jaar terug was nie, maar die Cheetahs gaan nie onnodig bal moet wegskop/weggee nie, want die Brumbies is 'n span wat "baie respect for the football" het.. Hulle's nog steeds lief vir die multiphase game, en is actually nie te vrot daarmee nie. Om hulle in Canberra te klop sit nie in enige span se broek nie, en alhoewel die Cheaters weereens moedig gaan probeer, gaan dit seker maar weer eindig in heartbreak vi Rasta en sy manne... Brumbies met 7 punte.. ten minste... Sorry Ivan!! ek hoop julle bewys my weer verkeerd...

Cats v Reds: Die beste ding van hierrie wedstryd, is die feit dat dit Sondagoggend 03h00 live gebeeldsend word hier in NZ, so dit gaan my regtig nie veel skeel as ek my babbelas lê en afslaap terwyl die twee ploeteraars voortploeter nie. Andre Pretorius is terug, en hy sal beslis 'n verskil maak aan sy buitekant, maar die Cats het my ook al te veel keer tot dusver teleurgestel. die Reds is ook maar useless, so hopelik kry die Siamese Katte hul tweede oorwinning innie kompetisie. Cats met 3 punte.

Oraait, geniet julle naweek!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!! en daai Riaan... hy ROK!!

No comments: