Thursday, March 30, 2006

May the force be whiff yous...



Sjoe, watte fees was laasnaweek nie!! Die Stormers hettie verloor nie!!! Maandagoggend het ek sommer mette lied in my hart wakker geword, en geweet dit gaan 'n goeie week wees!! Ok, van julle bitterpille sal sê "dis omlat hulle nie gespeel hettie", maar nog steeds: Hulle't nie verloor nie!! whoohoo!!! Things are looking better, hey??

So, wat gaan hierrie naweek gebeur??

bLOSE v Bulle: Dries Scholtz vervang vir Prettyboy Olivier, so ons hoef nie eers 'n meestersgraad in Mikrobiologie te hê, om te besef die Bulle gaan NIE 'n expansive game speel Vrydgaand nie......... Ok, innie verlede sou die argument gewees het dat die Blues jou aan flarde kan hardloop as jy wil los speel, maar die manne van Auckland lyk maar regtig vrot tot dusver... Lavea is gedrop, en nou moet Nacewa kom rigting gee op 10... Tot Maak-'n-las-ter nie gaan inval op 10 nie, sallit maar lol.. (en met my luck issit vlge week teenie Stormers!!!) Ek weetie... Die Blues hoop maar die Bulle is nog bang vi hulle voorgangers van 2003... oukei, Bulle kry hulle tweede away win oppie toer... met 5 punte..

Waratahs v Sheetahs: Oraait, seker 'n slag dat ek die manne van Sydney begin ernstig opneem... Ommie Blues so kaf te draf, sit nie in enige span se broek nie... (aag, sorry, die Stormers het hulle darem ook verniel twee jaar terug.... hahahaa) Maar, hulle lyk gevaarlik. Rassie en sy troopers van Bloem doen blerrie goed tot dusver, maar ek dink regtig dit gaan moeilik wees vi hulle die vlge paar weke. Waratahs het miskien net te veel skietgoed agter.... Ok, net omdat dit in Sydney is, sê ek Waratahs met 12 punte.... (sorry Ivan!!! hoop julle verras WEEREENS..)

Force v Stormers: o jinne.... Die Force is 0 uit 6 tot dusver.... met my luck gaan hulle seker wen die naweek... hahahaha. Kyk, hoeveel keer het ek nie nou al gesê "as ons nie DIE naweek wen nie, kan ons maar los".. maar, genuine: daar is nie 'n beter oportunity om 'n wegwen te kry nie!! Gerrie Britz begin 'n slag 'n game virriie manne in swart - about time dat hy begin werk vir sy salaris!! My neef, Big Joe is darem ook wee fiks, en oppie bench!! Ok, here goes: maak maar weer my naam gat, dis oukei.... Stormers met 12 punte.... eish..... (ek haat dit!!! Wa gaan 'n Crusader supporter so bang wees voor sy span teen die paloekas van Perth speel!! wys net in watter shape my span is... eish!!!)

Hurricanes v Crusaders: Weereens nie eers nodig om gebruik te maak van daai meestersgraad, om te besef hierrie issie game vannie naweek nie!!! Ek hoop die weer speel saam hierrie week, en dat ons 'n lekker running game sien! Jerry en Ma-souie teen Makou en Forn, behoort maar net een van 'n hele paar interessante match up te wees!! Hoop maar vi Richie se onthalwe hy pis nie vir Jerry te veel af nie..... Die Cruise-aders het vir Dan (en hy tel vir 17 normale spelers!), maar in Ma'askara Nonu en Faa'tau hoef die Canes darem nie te ver terug te staan nie... Dis in Wellington en ek moet roep virre upset hierrie week, (behalwe virrie Stormers, of course!) so let's go... Canes met 3 punte in 'n relative high scoring game

Chiefs v Highlanders: Seriously.... Die twee spanne kan vlgs my maar die lewendige stoelgange uitmekaar uit tekkel, ek worry nie.... Chiefs met 10..

Sharks v Reds: Die Sharks is terug in Dirtbin, uiteindelik!! Na 'n laaang, moeilike toer, gaan hulle nie so skerp wees soos hulle supporters hoop nie. Maar, gaan nog steeds te goed wees virrie Reds. Tot dusver die SA span wat my die meeste surprise, en impress het. AJ isse yster, en ek hoop Jake vergeet nie van hom as hy beginne dink aan nommer 8's nie!!! Sharkies met 9 punte.

Ok, lekker naweek, julle slyme!!

May the force (of issit wors?) be whiff yous!

ps - Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!! en onthou daai Riaan!! hy ROK!!

1 comments:

koevoet said...

Hi Pikkie. Moet sê, ek het laasweek gemis, maar dis nie my skuld nie!! Die laid-back lewe in die Kaap het my bietjie ingehaal en ek moes werk vir 'n slag!!(Die Stoomers ly ook hieraan)

Ek gaan sommer uit die heup uit skiet en kommentaar gee oor die SA spanne - Bulls, julle loosies is nie goed genoeg nie. Jacques Cronje het Jorrie Muller se hande gekry en is nie 'n skadu van wat hy was nie. Hopelik drop die bulle hom binnekort. Spies moes gespeel het, hy is 'n besonderse talent. Hougaard, be the man I know you can be!!! Staan vlak en hardloop die rook uit hulle uit. Fourie, jy is nie Joost nie, so hou op om soos 'n spietkop te kere te gaan, die bal sal dan vinniger by die vleuels uitkom. Die geheim van rugby is - Druk Driee
Stormers - Dankie tog Peter Grant is uit, en Kreeff beseer. Dit kan eintlik goed lyk. Ek hoop nie die is die naweek wat die Force hulle 1ste game wen nie. Ek sien Scott Fava is terug in die span, so Stormers, loop wakker.
Cheetahs - Julle ouens is op koers. Hou dit so. Ek is baie beindruk met Ryno vd Merwe ('n Matie gewees, so kon eintlik goed vir die Stormers gespeel het, mooi so Carel). Hy is kliphard, en 'n goeie leier in Juan se Afwesigheid. Daar is nie baie groot name nie, maar julle speel met hart.
Sharks - Ruan Pienaar en AJ Venter is ysters. Hopelik sal Craig Davidson nie weer begin nie. Hy is verseker ou nuus en nie meer goed genoeg nie. En Tony Brown? Kyk bietjie hoe die man speel SA Losskakels. Hy wissel sy spel baie goed af. Hy wil nogsteeds vir die AB's speel, maar sal seker net op die bank sit as hy gelukkig is.
Cats - Julle is k*k. Hou op om manne soos Jacque Fourie en Wickus v Heerden se tyd te mors. Hulle verdien beter as dit.

Ek dink die Waratah's en die Crusaders gaan in die final speel, met die Brumbies en die Bulle (Go Bulls!!!) wat die Semi's sal volmaak.

Sterkte vir die SA Spanne die week

Koevoet