Wednesday, March 01, 2006

Week 4....



howzit chaainas!!

Sorry, met die trekkery was Big Pik hopeloos te stil... Maar, ek's terug, al is dit dan net om Butch en Djeff-Frou te spite...

Chaainas, ek het hoop!! Ons gaan die Kap vat!! Het julle gehoor SA Rugby het nou officially aansoek gedoen by Sid Miller en sy tjommas vannie IRB, dat toetsrugby ook oor 'n "shortened version" gespeel word! Nes krieket se 20/20 (of issit Pro 20 da' innie republic??) Ek meen, ons spelers sal nie eers veel moet verstel om suksesvol innie nuwe "code" te weesie!!! Ons is klaar meesters oppie gebied!! Ons manne speel deesdae vir 40 minute hulle harte uit, loop gemaklik met 15 punte voor, gaat defend dan die lead virrie vlge. 30 minute, net om oppie einde te gaan plat lê oppie vloer virrie laaste 10.... So, om dinge nou net "fair" te maak, gaat die twee helftes nou slegs 20 minute elk wees!! Net om dinge bietjie meer fair te maak vir ons spanne!! Kyk, ek voel hie' komme ding!! Watch this space!!!! Instant success virrie Bokke!!! Ole, ole, ole, ole!!!

So, wat gaan hierrie naweek gebeur?? Gelukkig het ekvanoggend oppie nuus hie' in Kiwiland gehoor lattie Highlanders al kla' almal ge-spytpoep het gisteraand.... Dis asof Anton Olivier en sy maatjies die mense aan hierrie kant net solank wil laat weet dat "assit nettie virrie food poisoning wassie, het ons hulle gevat! genuine!!!" Voel vi my ek sê dit deesdae elke week, ma wragtag: "as ons nie hierrie week wen mette bonuspunt nie, gaan ons nooit wen mette bonuspunt nie!!!". Die Highlanders is oraait, ma' kom ek maak nou ma' poephol van myself: Stormers met 10 punte! Gas-man Theron vervang vir Jong'tjie Knock-we oppie vleuel (mannetjie het promise, maar hy't 'n shocker gehad laasweek!! Ons moet nou nettie tipies WP rugby hom gat staan en weggooi nie!!), en vlgs. my issie veiligste plek om wel vir Gus innie span te hê, wyd oppie wing.. so ver as moontlik vannie aksie af.. Die Jeanius is darem hopelik reg om sy plek te vat innie midfield, en Jew-Bear is darem ook oppie bank!! whoohoo!! Ek hoop net sy kop is reg!! Werner behoort hierrie week weer 'n super af game te hê (hy speel mos HONDk@k, of semi oraait deesadae), so ek hou ma' my asem op...

Ma', kom ons hoop ma' dat ons voorlangs die Hooglanners kan tem... eish... ek weetie so lekker nie!! As Splinters Shimmie net vir Piet Skeate en co innie lynstane kan vind, is ons darem al ampe da... Ek wonner wie gaat hierrie week die intercept traai score??

Oraait, dan beweeg ons oor na Cats v Brumbies toe... Tiaan Snyman is nog steeds vlgs. Frans Ludicrous die beste losskakel in Jozi.... Die man hette boot op hom, ma' dis al!! Doppies vervang vi' Julies op 12 (wat tot dusver baie teleurstellend was, ma' wie kan hom blame met die losskakel aan sy binnekant??), en die Bokke se 13, Jacque kry net plek op die vleuel..... Die ergste van als is seker die feit dat Jorrie Muller wee oppie bank is!!! Eish, ek hoop wraggies nie iemand kry seer nie..... Kyk uit vi' Gerhard Vosloo, die Katte se 6 flank. Ek dink hy's een van daai tipiese "ek is te dom om seer te kry SA rugbyspelers". MAAR, Sorry Cats... Ek kannie sien hoe julle die Brumbies klop oppie Bruce Stadion (jis, wat 'n diep naam!!! sjoe, hulle het seker lank gedink aan DAAI ene!!) nie.... Brumbies met ten minste 12 punte!

Cheetahs v Hurricanes: Moet seker iets wees wat ek gesnuif het vroeër vanaand, ma' ek dink hie kommie upset vannie weekend. Hurricanes was swak laas naweek, en was flippen laakie om die bonuspunt te kry teenie Cats... Hulle het for sure die gevaarlikste backline innie kompetisie, met Ma'skara Nonu, Tana O'magtag, Vat-vat-au en Toeivia, so assie Sheetahs wil gaat staan en basketball speel teen hulle, issit nag. Ma', in Rassie het hulle daam nie 'n poephol as coach nie. Hopelik issie Vrystaatstadion volgepak, die weer speel saam (alhoewel die boere my seker sal kwalik neem daarvoor...), en besluit Ollie om te stick byrrie basics van stutspel virre slag.. Just to be safe!! Sheetahs met 3...

Waratahs v Sharks: Die Sharks gaat weer moedig probeer vi 60 minute, net om die laaste 20 minute uit stoom uit te hardloop.... Ruan gaat vi mechanic Whittaker al sy dae gee, ma' oppie einde sallit seker nie genoeg weesie... Percy sal weer 'n paar sitters mis, net ommie moeilikes uittie hoekies uit oor te skop... Ma', die Waratahs in Sydney issie maklik nie... So, kom ons sê ma' net om veilig te wees, Waratahs met 15 punte...

Dan, die laaste twee: Chiefs v Reds in Hamilton - Jonno Gibbes is terug as hulle kêppie, etc, etc, so die Chiefs gaat wen met bonuspunt virrie eerste keer innie kompetisie. Sivvivatu en Mills Mol-innie-hol-ai-eina behoort die try scorers te wees... yawn, yawn..

Laastens: Cruise-aders v Blues.. Kannie glo ek sê dit nie, ma' ek wens so die Blues verras... Anners issie kompetisie al sommer kla reeds verby... (wassit nie al 'n uitgemaakte saak die Cruise-aders gaat dit vat nog voorie kom beginne hettie?? oh well...) Maar, sonner Queen Carlos sukkel die Blouspan... Lavea kry hulle nie aanie gang nie, en ek sien hom ook maar sukkel teen Dan the Man... So, Cruise-aders met 20....

Ongelukkig speel my gunstelinge, die Bulle nie hierrie naweek nie.... ai, ek sal darem seker weer vlge week iets moois oor hulle kan sê....

Oraait, lekke kaakbie kyk!! Onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!!!

No comments: