Wednesday, March 08, 2006

Die Super Bore-teen



Miskien issit omdat my span so vrot speel, maarie raakbie is bietije vervelig nog tot dusver.... eish!!

Eerste dinge eerste: Geluk Sheetahs!! Julle het my darem nie laasweek gedrop nie!! Verloor nou net nog vlge week se wedstryd op Nuweland teenie Briesies, dan wens ek julle 'n unbeaten run toe tot oppie einde!!!!!!

Gaan Jean speel hierrie Saterrag?? Ek is darem nou al moeg om te lê en droom oor drieë wat hy druk innie hoekie, net om by afskop vir Gus-man te sien uitdraf... Sê vir Kobus van der Merwe hy moet bietjie gaan klaprugby kyk.. Ons moet beter senters/vleuels/utilities as daai hê....

En wat issit met SA'se nightclubs, ennie Aussie en Kiwi raakbiespelers?? Eerste verneem ons van The Drunken Sailor se vomeer sessie buitekant die ou Billy the Bumb's, en toe wassit weer laasweek Djerrie Kolgans se beurt om sy maatjie Fa'atau per ongeluk met die elmboog innie gesig by te kom... Die manne akkodeer lykkit my nie so lekker met ons smaaklike brawyn nie!! As jy nou 'n meningsopname moet doen, vrees hulle seker meer die nagevolge vannie brawyn "the morning after the night before", assie opponente teen wie hulle Saterrae uitdraf.....

Maar, terug byrrie rakbie:

Predictions vir hierrie naweek (laasweek wassit 5 uit 6 vi my, net jammer die Briesies het my gedrop....)

Chiefs v Cruise-aders: Wie gaan die defending champs stop?? Die Chiefs in Hamilton is 'n moeiliker proposition as laasweek se Blues in Christchurch, maar die Cruise-aders behoort dit nog steeds te doen. Richie Makou vs Marty Holah behoort opwindend te wees. Ek wens die Chiefs kan shock, maar sal nie gebeur nie. Crusaders met 10 punte

Waratahs v Cats: Jorrie, Jorrie, Jorrie!!!! Die Cats het teen die Stormers verloor, so dit moet klaar al vi ons iets sê......... Waratahs sal skerper wees as laasweek teenie Sharks, so ek hoop van harte die manne het hulle tekkeling geofen die week! Rogers begin op 10, so arme Earl Rose sal moet regstaan.... Ai, kan 'n lang aand raak in Sydney virrie manne van Jozi.... Waratahs behoort bonuspunt te kry, en wen met 15...

Brumbies v Sharks: Selle prediction as laasweek.... Sharks gaan begin teen 500km/h, fase na fase afdwing, maar nie convert in punte nie.. Brumbies is elk geval nessie Waratahs, altwee so blerrie negatief, so hulle worry nie ommie strafskop en moontlike 3 punte af te staan nie.. (en, met Percy wat deesdae net 20 m skoppe kan oorklits, issit nie eers verseker dat dit gaan oor wees nie) Ek hoopie Sharkies verras my, maar ek kannie sien hoe die Brumbies oppie Bruce verloor nie. Ruan sal weereens 'n blinder speel, en vir George Migrain laat verlang na retirement. Brumbies met 5, sonner die bonuspoint try

Reds v Western Force: Seriously, who cares....

Bulls v Highlanders: aaah.... Die Bulle het 'n week af gehad, hulle Cowgirl cheerleaders se bootse sal mooi gepolish wees, Matfield en Gary Botha is terug (hy is nou al 'n Springbok, Bloubulaanhangers, so relax!!), en Loftus sal weereens stampvol wees. Good Luck Highlanders!Die Highlanders se senters/vleuels sal agterkom dat die opposisie hierrie naweek actually tekkels gaan maak, so dit sal nie one way traffic wees soos laas naweek onner innie Kaap nie. Plus, hulle longe sal maar brand gedurende die laaste 15 minute oppie hoëveld. Bulle behoort te wen met 10. Maak maar weer reg virre lang Maandagoggend byrrie werk as jy so unlucky is om saam met 'n Bul supporter te werk..... Ek meen, maak selfs hulle ballboys Bokke, man!!

Stormers v Hurricanes: Dis nou rêrig die laaste naweek wat ek 04h00 opstaan om vi hulle te kyk... Genuine!!!! Moet weer iets wees wat ek gesnuif het vroeër vanaand, maar ek dink weer nie die Canes gaanit maak hierrie naweek nie. Schalk Brits het hom hierrie week persoonlik bekend gestel aan sy slotte, so dit sal beter gaan innie lynstane. Schalla gaan ook Saterrag wakker skrik, en besef hy's oppie rugbyveld, en bietjie virrie Canes wys (met of sonner Jerry) wat hy kan doen. En hopelik is Jeanius fit, sodat ons backline (met Jouba oppie wing, nogals) virre slag weer aanie gang kan kom. Dit gaan close wees, maar hulle gaanit vat. Dan sal ons naiewe WP supporters na die game weer te dink "yes, we're back!!", net ommie vlge week weer teleurgestel te word met 'n below par performance teenie Cheetahs....... Ek wens Nick Mallett wil vir Kobus innie pad steek, en self die span afrig.. Ek lees darem dat hy Maandag virrie Briesies goed hulle fortune vertel het, so kom ons kyk maar of hulle vinger wil trek...... Oraait, Stormers met 3...

Lekker naweek.

Onthou, Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!

3 comments:

Big Pik said...

jis ouens!
sorry ek replaai ook so laat, maar ek was in droomland toe julle manne die net gesurf het.. Blerrie time difference...

Kadense, aangesien jy die eerste ene is wat 'n signifficant comment gepost het, wen jy 'n komplimentêre rugkrap by Pikster se Paleis van Plesier!!! Moet asseblief nie vergeet om vi ons jou kontakdetails te verskaf nie...

Kom ons praat oor Schalla:
op papier is hy en Luke 'n fantastiese kombo, maar dit wil nettie werk tot dusver nie... (het ookie laasjaar nie, onthou...)Miskien was Jake reg toe hy gesê het hy sal nooit die twee van hulle saam speel nie... Schalla maak tot dusver nie die cut as die ball carrier nie... Ek stem saam: hy's op sy beste as 'n 6 flank! (en ek probeer my nuwe Kiwi maatjies se terminologie van openside, en blindside flank verstaan, maar sorry, ek's te vlak..)Maar, virrie Bokke sal hy nog steeds uitdraf as 6, glo ek. Jake weet wat hy in Schalkie in daai posisie het...
AJ lyk vars, en speel goeie rugby.Weereens, Jake rate hom, en ek glo hy's nog steeds innie frame. Juan is loshanne die beste 7 innie land, en ek persoonlik sal hom daar los.. Ek sal ook tempted wees om vi AJ op 8 te speel... weet daai Karrie Kap seisoen byrrie Leeus is laaaank terug, ma' hy't ook virrie Baabaas v Engeland so paar jaar terug gewys wat hy kan doen...
daai Ruan Pienaar is vrot vannie voetbal!!!

praat later, moet gou werk... keep the posts coming, gentlemen!!

Anonymous said...

What words... super, magnificent idea

Anonymous said...

It seems to me, you were mistaken