
Miskien issit omdat my span so vrot speel, maarie raakbie is bietije vervelig nog tot dusver.... eish!!
Eerste dinge eerste: Geluk Sheetahs!! Julle het my darem nie laasweek gedrop nie!! Verloor nou net nog vlge week se wedstryd op Nuweland teenie Briesies, dan wens ek julle 'n unbeaten run toe tot oppie einde!!!!!!
Gaan Jean speel hierrie Saterrag?? Ek is darem nou al moeg om te lê en droom oor drieë wat hy druk innie hoekie, net om by afskop vir Gus-man te sien uitdraf... Sê vir Kobus van der Merwe hy moet bietjie gaan klaprugby kyk.. Ons moet beter senters/vleuels/utilities as daai hê....
En wat issit met SA'se nightclubs, ennie Aussie en Kiwi raakbiespelers?? Eerste verneem ons van The Drunken Sailor se vomeer sessie buitekant die ou Billy the Bumb's, en toe wassit weer laasweek Djerrie Kolgans se beurt om sy maatjie Fa'atau per ongeluk met die elmboog innie gesig by te kom... Die manne akkodeer lykkit my nie so lekker met ons smaaklike brawyn nie!! As jy nou 'n meningsopname moet doen, vrees hulle seker meer die nagevolge vannie brawyn "the morning after the night before", assie opponente teen wie hulle Saterrae uitdraf.....
Maar, terug byrrie rakbie:
Predictions vir hierrie naweek (laasweek wassit 5 uit 6 vi my, net jammer die Briesies het my gedrop....)
Chiefs v Cruise-aders: Wie gaan die defending champs stop?? Die Chiefs in Hamilton is 'n moeiliker proposition as laasweek se Blues in Christchurch, maar die Cruise-aders behoort dit nog steeds te doen. Richie Makou vs Marty Holah behoort opwindend te wees. Ek wens die Chiefs kan shock, maar sal nie gebeur nie. Crusaders met 10 punte
Waratahs v Cats: Jorrie, Jorrie, Jorrie!!!! Die Cats het teen die Stormers verloor, so dit moet klaar al vi ons iets sê......... Waratahs sal skerper wees as laasweek teenie Sharks, so ek hoop van harte die manne het hulle tekkeling geofen die week! Rogers begin op 10, so arme Earl Rose sal moet regstaan.... Ai, kan 'n lang aand raak in Sydney virrie manne van Jozi.... Waratahs behoort bonuspunt te kry, en wen met 15...
Brumbies v Sharks: Selle prediction as laasweek.... Sharks gaan begin teen 500km/h, fase na fase afdwing, maar nie convert in punte nie.. Brumbies is elk geval nessie Waratahs, altwee so blerrie negatief, so hulle worry nie ommie strafskop en moontlike 3 punte af te staan nie.. (en, met Percy wat deesdae net 20 m skoppe kan oorklits, issit nie eers verseker dat dit gaan oor wees nie) Ek hoopie Sharkies verras my, maar ek kannie sien hoe die Brumbies oppie Bruce verloor nie. Ruan sal weereens 'n blinder speel, en vir George Migrain laat verlang na retirement. Brumbies met 5, sonner die bonuspoint try
Reds v Western Force: Seriously, who cares....
Bulls v Highlanders: aaah.... Die Bulle het 'n week af gehad, hulle Cowgirl cheerleaders se bootse sal mooi gepolish wees, Matfield en Gary Botha is terug (hy is nou al 'n Springbok, Bloubulaanhangers, so relax!!), en Loftus sal weereens stampvol wees. Good Luck Highlanders!Die Highlanders se senters/vleuels sal agterkom dat die opposisie hierrie naweek actually tekkels gaan maak, so dit sal nie one way traffic wees soos laas naweek onner innie Kaap nie. Plus, hulle longe sal maar brand gedurende die laaste 15 minute oppie hoëveld. Bulle behoort te wen met 10. Maak maar weer reg virre lang Maandagoggend byrrie werk as jy so unlucky is om saam met 'n Bul supporter te werk..... Ek meen, maak selfs hulle ballboys Bokke, man!!
Stormers v Hurricanes: Dis nou rêrig die laaste naweek wat ek 04h00 opstaan om vi hulle te kyk... Genuine!!!! Moet weer iets wees wat ek gesnuif het vroeër vanaand, maar ek dink weer nie die Canes gaanit maak hierrie naweek nie. Schalk Brits het hom hierrie week persoonlik bekend gestel aan sy slotte, so dit sal beter gaan innie lynstane. Schalla gaan ook Saterrag wakker skrik, en besef hy's oppie rugbyveld, en bietjie virrie Canes wys (met of sonner Jerry) wat hy kan doen. En hopelik is Jeanius fit, sodat ons backline (met Jouba oppie wing, nogals) virre slag weer aanie gang kan kom. Dit gaan close wees, maar hulle gaanit vat. Dan sal ons naiewe WP supporters na die game weer te dink "yes, we're back!!", net ommie vlge week weer teleurgestel te word met 'n below par performance teenie Cheetahs....... Ek wens Nick Mallett wil vir Kobus innie pad steek, en self die span afrig.. Ek lees darem dat hy Maandag virrie Briesies goed hulle fortune vertel het, so kom ons kyk maar of hulle vinger wil trek...... Oraait, Stormers met 3...
Lekker naweek.
Onthou, Jean de Villiers innie hoekie, pappas!!
5 comments:
Pikkie, pal ek check toe hier in Ingeland my eerste Stormer game laas naweek - in my hoedanigheid as 'n "Ontnugterde Bull". Raak ek toe bly ek support die verbeeldinglose, inspirasielose, intelligensielose Bulls! Sien toe ook die "Cheat-us"-out-of-a-sure-win se wedstryd. Moet se, baie geluk aan die Cheetahs, kon nie help om namens die Canes daai brandende sooibrand van die Karrie-kap final te voel opstoot nie. Ongelukkig voel ek dit hoe ons Bokke meeste van hul games gewen het teen goeie opposisie, seder Jake se turn-around van die span. Te opportunisties, te wisselvallend.
Pikkie kan ek die debat oor Schalla op die tafel plaas? Glo rugby kenners soos jy werklik Burger is the real-thing number 7? Ek voel vir die Briesies dat hulle Luke Watson het wat weer Magnum Rollex status kry, maar maak nie saak hoe talentvol Schalla is nie - ek glo nie hy kan huidiglik by Juan Smith kersvas hou nie. Dog was Burger imposant toe hy net op radarskerm gekom het, oorspronklik nie oor sy midfield runs nie, maar turn-overs! BAIE MINDER GLAMOROUS, admitted - maar kyk hoe het George Smith man alleen die Bulle geknak. Sit vir Schalla op 6! Hy word deesdae voos-getackle, haal die pressure af van die man en kies hom as spesialis ballsteler. Sy vloek is dat hy te veelsydig is. WeePee het hom selfs al 8 gespeel!
Gepraat van 8, Jacques Cronje lyk of sy meisie hom afgese het! Ek ek die tweede swaarste kon bench-press (agter CJ) in die Bokspan sou my spanmaats my moes terughou. Maar hy lyk so lusteloos soos Werner-ek-speel-net-vir-die-geld-te-hel-met-die-toeskouers-Greef. Persoonlik dink ek Jake is spot-on om weer Shaun Sowerby te oorweeg vir die Bokke. Die man speel great ruggas in Frankryk en is 'n Teichman van ouds. Joe Van Niekerk? Great potensiaal, ek dink daai man is een van die min slim rugby spelers wat ons het. Maar nurse hom terug - eers as impact speler en dan 'n vol game. Maar ongelukkig glo ek nogsteeds hy 'n great no.7 en ons het 'n anker op 8 nodig, miskien met 'n impact speler vir die laaste 30minute. Maar goeie 8ste manne is skaars!
Ek is 'n reuse AJ Venter fan. Seker omdat Kadense ook 'n geniepsigge streek in hom het, al het hy vleuel gespeel... Ongelukkig saai hulle nie Sharks games in Ingeland uit nie...maar die berigte laat dit lyk of die ou man weer great ruggas speel (behalwe vir die knock-on op die doellyn)? Moenie vergeet wat se groot rol het AJ in ons 2004 Tri-Nations victory gespeel nie, ons eie Jerry Collins. Is AJ nog springbok materiaal? Wat van AJ op 8ste man dalk? Onthou julle daai ongelooflike jaar wat hy op 8 gehad het vir die Lions in 1999 en toe kies hulle hom nie vir die World Cup nie... Schalla op 6, AJ op 8, Juan op 7 en Joe is my impact super-sub vir enige van hierdie posisies! 2004 Tri-Nations... hoe vinnig vergeet mens soveel Bok-driee. Hoe vinnig vergeet mens dat dit Jaco vd Westhuyzen was wat Barry wereld-klas laat lyk het. Jaco langs Jean! Ai maar dit klink lekker. Sou graag Jaco vir die Bulls wou claim maar Heineken laaik van dom dinosaurus rugby speel! Hoekom los hy die beste S14 (behalwe as Jaco speel..) losskakel, in Morne Steyn op die bench? Jy sal NZ en Aussie spanne nooit maar nooit net met strafskoppe wen nie! Hulle sal twee driee in die laaste 3 minute druk as dit moet... Speel total-rubgby, kies Morne tog asseblief. Jake is reg oor Hougaardt...
Hoop Heineken kies Dries Scholtz op 12 en JP op 13 want daai Highlanders vleuels en senters is groot en sterk... Maar Daai Barry Goods is vinnig! Wat se verskil maak spoed nie in die senters nie?
Laaste vraag wie kan 14 vir die Bokke speel? Daar is NIE EEN VLEUEL in SA wat die skills, spoed en krag het nie...Rathbone? Moet se ek het Ryno Benjamin noggal geniet! Polish hierdie oukie biekie...
Dalk het Ray Mordt, Carel Du Plessis en nou Kobus-op-watter-meriete-het-hy-die-job-gekry?-Van der Merwe die oplossing vir Bok nr. 14 issue. Kobus kies vir Marius op vleuel... Pikkie sal weet ek laaik nie Joubert nie, maar hy is groot en vinnig en kan afrond. Op vleuel hoef jy ook nie refleks-alla-Butch-James-wou-nie-stywe-arm tackles te maak nie. Iemand sal hom net moet leer 'n vleuel shadow altyd die buitenste man, die cross sal die inside vang. Baie moeilike konsep vir senters wat gaan vleuel speel het! Vra maar vir Grant Esterhuizen en Andre Snyman.... Het julle gehoor Jake wil hom Springbok kontrak vir 2007 aanbied! Wel ek moet se hy kook van wat ek hom in die Premiership gesien doen het. In die UK speel hy meestal vleuel. Eerlik waar, ek sal hom nooit weer op senter kies nie, nie met Jacques Fourie daar nie! Maar dalk moet Snyman en Marius Joubert dit uit-fight vir nr.14? En as dit 'n celebrity death-match is sal ek ook nie omgee nie, ek laaik mos nie vir Marius nie en Snyman het my WOES gedrop toe ek hom destyds geback het in sy Bok come-back op senter...
Hi Manne. Jammer oor die laat gejuig van my kant af. Die koporatiewe lewe!!! (moenie vergeet van die "blackouts" die afgelope paar weke hier in die windgatste (sorry) winderige Kaap nie).
Dit was die eerste keer die week dat ek van gesoute Stormer supporters gehoor het dat hulle eerder gras wil sny oor die naweek. Die ouens kry skaam, en ek vryf dit so 'n bietjie in. Ek meen, ek is agter die vyand se lyne!!! Maar ek is in die algemeen nie baie positief oor die SA spanne en spelers nie. Nog niemand het gesê "Jake, kies my" nie. As ek nou moet 'n span kies, dan lyk hy so:
1. Os (Want hy is nogsteeds 'n yster)
2. Gary Botha (4 weke se vakansie laat my kwaai terugverlang na hom en hy het nog niks verkeerd gedoen die seisoen nie)
3. Jannie du Plessis (Niemand anders het my sover beindruk nie)
4. Bakkies (want hy het 'n wildsplaas)
5. Victor (selfs sonder arms sal hy in my span wees)
6. Schalk (en hier gee ek vir kadense krediet. hou op om hom kontak te laat vat. Hy het nie meer dieselfde impak nie. Die Aussies gebruik nie vir geoge Smith so nie?)
7. AJ Venter (great game laas week en my enforcer)
8. Juan Smith
9. Ruan Pienaar(the next "Big Thing"
10. Hougaard (hy het die afgelope paar wedstryde uit die pocket uitgestaan en is nie meer bang om die bal rond te gooi nie. Hy is nogsteeds "destined to be the greatest" volgens my met my blou bril aan en Ge Korsten CD in die kar)
11. Habana (kies homself)
12. Jean de Villiers
13. Jacque Fourie
14. Weet nie
15. Percy
Ek is baie bekommerd, en dit gaan nie beter word die seisoen nie. My geld is op die Bulls tot in die semi's en niks verder nie. Die Crusaders sal die Super14 wen, en die Brumbies sal saam hulle in die final speel.Praat later weer
Koevoet, jy is reg. Schalk 6, AJ 7 en Juan 8! Ruan 9 (January as supersub) maar Jaco op 10 en Brent Russel op 14, of dalk Snyman Kadense! Danie Rossauw is 'n profesionele supersub vir die slot en nr. 7 posisie. As Brent nie start nie, sal hy ALTYD op my bench wees! Hoekom mors hulle so, hy is 'n great supersub 10,11,14,15! Ek kies my kwota op die bench, Julies of Jacobs of Bobbo. As Andre Pretorius weer fiks is kies ek hom bo Percy op 15!
jis ouens!
sorry ek replaai ook so laat, maar ek was in droomland toe julle manne die net gesurf het.. Blerrie time difference...
Kadense, aangesien jy die eerste ene is wat 'n signifficant comment gepost het, wen jy 'n komplimentêre rugkrap by Pikster se Paleis van Plesier!!! Moet asseblief nie vergeet om vi ons jou kontakdetails te verskaf nie...
Kom ons praat oor Schalla:
op papier is hy en Luke 'n fantastiese kombo, maar dit wil nettie werk tot dusver nie... (het ookie laasjaar nie, onthou...)Miskien was Jake reg toe hy gesê het hy sal nooit die twee van hulle saam speel nie... Schalla maak tot dusver nie die cut as die ball carrier nie... Ek stem saam: hy's op sy beste as 'n 6 flank! (en ek probeer my nuwe Kiwi maatjies se terminologie van openside, en blindside flank verstaan, maar sorry, ek's te vlak..)Maar, virrie Bokke sal hy nog steeds uitdraf as 6, glo ek. Jake weet wat hy in Schalkie in daai posisie het...
AJ lyk vars, en speel goeie rugby.Weereens, Jake rate hom, en ek glo hy's nog steeds innie frame. Juan is loshanne die beste 7 innie land, en ek persoonlik sal hom daar los.. Ek sal ook tempted wees om vi AJ op 8 te speel... weet daai Karrie Kap seisoen byrrie Leeus is laaaank terug, ma' hy't ook virrie Baabaas v Engeland so paar jaar terug gewys wat hy kan doen...
daai Ruan Pienaar is vrot vannie voetbal!!!
praat later, moet gou werk... keep the posts coming, gentlemen!!
Post a Comment