Wednesday, March 15, 2006

Dis Eskom se skuld.....


Well, ek's 'n Suid-Afrikaner, en ons moet IETS kan blameer vir nogge close Stormers verloor.... Apparantly was da al weer 'n kraonnerbreking laas Saterragaand so om en by 20h54 innie Kaap... Hoeka dieselle tyd toe ou Hosea Gear so in 4 wheel drive da deur VIER van ons spelers is.... I guess the excuse is they didn't see him coming..... (Rule nr 1: onthou, dis altyd die coach se skuld asse span verloor... nooit die spelers s'n nie!!)

Aag nee man.... Wat 'n teleurstellende naweek!! Ek het gedink die Cats kannie vrotter nie.... Maar, hulle KON.... Toe Saterragaand gaan staan en breek Kimi se Mik-lêren op sy eerste flying lap in qualifying, en hy bevind hom aanie agterkant vannie grid virrie race die vlge dag... Na dit gaan staan en wen Chelsea innie 92ste minuut teen Spurs... Ek meen, nes mens dink dit KANNIE slegter nie, toe's ons nog dom genoeg om 06h00 op te staan virrie Stormers se game...... Nou sal julle seker vir my sê "jis, maar ten minste wassie krieket die moeite werd!" Dis seker die blerrie ergste: Ons het dit nie gesien aan hierrie kant vannie wêreld nie!!!! So, ek het nie eers die greatest ever 1 dayer gekyk nie..... Ek het Maandagoggend toe Travis vi my text met die goeie nuus, amper my polse gesny.....

So, nogge naweek se raakbie lê al weer voor... Die goeie nuus is dat twee vannie SA spanne darem teen mekaar speel, so ons gaan darem een span hê wat beslis as wenner vannie veld af gaan stap!! Don't panic, Jake!!! (met my luck gaan dit seker 'n draw wees.... oh well..)

So, here goes: (laasweek wassit 4 uit 6.. as ek kon geworry het ommie score vannie Farce se wedstryd teenie Reds te predict het, wassit dalk 5 reg... maar anyways...

Cruise-aders v Siamese katte: wow.... ok, na Sondag se krieket, kan mens met reg sê "impossible is nothing", ma' come on: let's face it - dissie krieket nie (letterlik!) Ons praat hier vannie Crusaders, teen Frans Ludicrous se katte..... Mccaw en Jack speel nie, maar Johnny Le'oo is meer as capable replacement... Ek dink nie dit sal so absurd wees soos laasweek teenie Waratahs nie, maar nog steeds 'n laaaaang aand virrie manne in Christchurch... Crusaders met 20 punte....

Farce v Waratahs: Dit gaanie veel beter in Perth as innnie Kaap nie.... Ek wonner vi hoe lank die Subiaco Oval nog vol spectators gaan wees? Dinge raakie makliker nie, en hierrie naweek issit die Waratahs.. Eish!! Sal dalk 'n "closer" game wees, local derby's het mos maar die manier om uit te rafel, maar die Waratahs het hopeloos te veel skietgoed Force. Waratahs met 10
ps - may the Force be whiff yous, John Mitchell....

Blues v Brumbies: Elke week maak ek my naam gat, deur te roep virre upset. So, hier's hy: Die Blues kannie vrotter as wat hulle tot dusver was nie!! 'n span met spelers soos Houtvoël, Meeu-lama, Afoa, Williams, Rou-kou-kounut moet seker een of anner tyd kliek, en 'n bietjie rugby speel... Brumbies was gelukkig laasweek in Canberra, en hierrie naweek is hulle pêl Honiss nie in beheer vannie wedstryd nie... Blues met 8 punte

Highlanders v Sharks: oukei, dink met jou verstand, Big Pik.... Ai, ma' die Sharks se luck moet seker EEN of anner tyd draai??? Dit gaan close wees, maar wat in hulle guns kan tel hierrie week, is die feit dat die Highlanders teruggetravel het vannie Republic af Dunedin toe.... So, as ons spelers elke jaar moan oor jetlag, dan moet dit seker vi hulle ook affekteer? Eish... Too close to call.. Nick Evans is uit, en hulle sal hom mis.. Oukei, Sharks met 3 punte.... (asseblief!!)

Bulls v Hurricanes: Die Canes gaanie die Bulle stop op Loftus nie, sorry! Derrick sal skop virrie hoekies, Victor sal skoonmaak innie lynstaan, en P3 sal afrond na 'n rolmaal beweging.. Dissie mooi raakbie nie, maar dis effektief! Hulle mis Tana se leierskap, en dit gaan beslis nie makliker op Loftus wees, as laasnaweek innie Kaap nie. Habêna missie tekkels oppie kantlyn nie, pappa!! Bulls met 10 punte

Stormers v Cheetahs: Dissie Karrie Kap Kampioene, teenie under achievers vannie Kaap... Die laaste twee jaar hettie manne van Bloem elke keer hulle "more talented" opponente se name goed gat gemaak op Nuweland, so hoekom moet ek dink dit sal anners wees hierrie keer?? Assit reen, speel hulle vi De Waal op 10, en skop ons stukkend... Assit droog is, speel Bosman, en probeer hulle die bal bietjie meer wyd speel... En, Rassie is 'n goeie coach, hy sal reg wees mette plan B en C...
Laasnaweek was 'n beter performance deurie manne in Swart, maar hulle't nog steeds verloor... Piet Skeate en Bekker Jr behoort goed te vaar innie lineouts, maar ek wonner hoe ons gaan vaar innie skrums? Jeanius en Djoeba is innie midfield en Chavanga (glory halleluja!!), is uiteindelik reg om te speel... Die Stormers het 'n wen broodnodig voor hulle over the seas toer, maar ek weetie so lekker nie.... Spyt my ommit te sê, maar Sheetahs met 10.... (maar, ek sal darem nie maaind om verkeerd te wees oor hierrie ene nie....)

Oukei, lekke naweek sjaainas!!

Onthou: Jean de Villiers innie hoekie, pappas..... en Riaan rock!!!!

2 comments:

Kadense said...

Pikkie, Nee dis Kobus en Ludeke se skuld (tel sommer groot meneer Mallet by).

Weet jy wat is die hartseerste ding van Cats en Stormers in Super14? Die feit dat daar nogsteeds Springbokke uit hulle geledere gekies gaan word...
Losers se ek jou - maak nie saak hoe talentvol hulle is nie, hulle is Losers... Enige span is so goed soos sy slegste speler.

Weet jy hoe bang is ek dat julle Stormers Jean en Skalla gaan breek. Die pressure op die twee raak hoer elke week om hulle span te red! Julle gaan hulle knak en dan het ons gebreekte geeste wat vir die Bokke speel! Hoekom so suinig daar in die Kaap, almal het geweet julle squad is useless. Of was Mallet te trots om te erken dat ander provinsies ook goeie spelers het? Al wat biekie damage control sal bring is Jaco...

Die Cats moet gerelegate word en ons moet een span minder in die kompetisie he. Hierdie jaar kan mens duidelik sien hoe die Transvalers die Vrystaters altyd terug gehou het in Super 12. Die currie cup moet ook net tussen 8 spanne gespeel word. Niks soos gesonde kompetisie nie!

Dis nou onregverdig sou jy seker se, maar die feit van die saak is dat daai ding wat hulle 'n Wen-Kultuur noem, baie belangriker is as wat mense dit krediet gee. Die Krieket sondag was 'n MOERSE turning point vir die Proteas se World Cup campaign.

Dick Muir het na my geluister, of het Jake White iets in sy oor gefluister? AJ Venter op 8 vir die Bokke! Go Fabio! Hier kom 'n wen, die ouens glo in hulle self. Moet se Percy lyk nie meer goed nie, as hy nie pale toe skop nie, kom jy agter hy doen deesdae baie min, kom ons hoop die rus doen hom goed...

Hoekom kies die Bulls nie vir Dries Scholtz op die bench nie, maar Rudi Coetzee, 'n Cat? Onthou my vorige punt...

Cheetahs? Wel, die ouens is nie Losers nie, ook nie wenners nie, net blerrie lucky. Selfs al is die Stormers pateties kan die Vrystaat nie vir altyd lucky bly nie... Ek dink hulle gaan met 10 punte verloor...selfs al is hul beter as die Stormers. Of speel 'n coach so 'n belangrike rol? Is Rassie hulle "luck" factor?

As die Cheetahs wen, gee ek Rassie die krediet, nie sy lucky spelers nie...

Nag ou grote.

koevoet said...

Ek het 'n voorgevoel ontwikkel van wanneer 'n span gaan choke. Miskien is dit omdat ek so bae krieket gekyk het die jaar en ons so baie verloor het (Sondag was die uitsondering). 5 minute voor die einde van die Stormers game het ek gesê "Hier kom 'n heartbreaker", en ek het nie bedoel Billy Cyrus nie. Die ouens het nie die balls om te wen nie. Absolute shocker!!! Ek hoop dat Jaco vd Westhuyzen 'n bietjie flair daar gaan insit, want my magtig, so kan dit nie aangaan nie!!! Hy moet net nie fullback speel nie. En Werner Greef? Goeie ding, baie goeie ding.

Oor die bulle en Hougaard. Hy het begin vlakker staan en is nie so voorspelbaar soos almal sê nie. Hy speel na sy sterkpunte toe, meer as wat ek vir al die ander losskakels kan sê.

Go the Bulls!!! Arrie Warrie