Friday, March 24, 2006

Die duiwel was Linstig...

Het Pretoria al vi Linston Manuels vergewe?? eish... Lat een van ons eie nou so fout kon gemaak het.........
Kyk, laasweek was al wee 5 uit 6 gewees vi my.... Dit raak nou te maklik.. Assit maar net virrie Stormers ook so maklik was!!! eina.... Kannie glo ek sê dittie, maar ek is bly die martelsessie op Nuweland is uiteindelik verby... Is moeilik om dit te sê, ma' geluk Cheetahs! Hou so aan manne, hopelik saag julle nogge paar over the seas spanne innie toernooi verder.

Well, na 6 weke van Super 14 aksie het ek gedurende die week so bietjie gedink.. (jaaa, groot oomblik virrie Pik gewees!!) Professor Tim Noakes ennie slim manne da byrrie Sports Saaiens Institoet praat elke jaar lang stories oor "player burnout", en hoe nadelig die stampvol rugbyseisoen virrie spelers is. Nou, dis alles goed en waar, MAAR: het hulle al ooit gewonner hoe erg dit virrie spectators is!! Kyk, 'n rugbyspeler speel maar 1 wedstryd oppe naweek!!! Hoe erg issit nie vir ons average Joe's wat elke naweek 3 tot 4 wedstryde oppie kassie moet volg nie!!! (ek praat nou net as jy die SA spanne volg, of course!! dit kan natuurlik NOG erger raak..) En, veral hier innie Land vannie Lang Wit Wolk gaanit ekstra swaar!!! Voel vir my die naweek is nettie lank genoeg nie... Vrydagaand issit die wedstryde in NZ, gevolg deur 'n wedstryd vroegoggend in SA oppie Saterdagoggend.. ennie selle storie die Saterdagaand, en Sondagoggend.... Mens se lyf kan net soveel stampe vat.... Eish, ennie Stormers dink HULLE's bly oor hulle loslootjie die naweek!!!

Oukei, genoeg nonsens gepraat....
Terug na die raakbie:

Ek is bietjie laat hierrie week, so sallie cheat nie. (Sharks het mos klaar verloor...)

Waratahs v Blues: Ok, ek sien dis halftyd 23 - 9 virrie Tahs... mmmm. hopelik verlaat Lavea die veld halftyd, en skuif hulle vir Mak-'n-las-ter losskakel toe, met Toe-pou-kie en Toe-nou-nie-te-vakie (dankie Daniël!!) innie middelveld.... Noem my stupid (en kyk, ek is!!!), maar die Blues gaan terugveg.. Blues met 3 punte..

Cheetahs v Reds: Al hoe die Reds kan wen, is as Paul Honiss die skeidsregter is, en Linston Manuels die vlagman/tv referee is... Juan se besering is 'n groot terugslag, die outjie is besig om te ontwikkel in 'n masjien vanne speler, maar die Cheetahs behoort nog steeds te veel skietgoed te hê.. Cheetahs met 9 punte

Highlanders v Cats: Ek sal nog baaaaaie meer moet drink voor ek gaan dink hulle het 'n kat se kans... En ek praat ongelukkig nie vannie Highlanders nie...... Frans Ludicrous en sy span wens seker al hulle's oppad terug huistoe... sjym... Die Highlanders verloor nie sommer 2 inne ry in Dunedin nie, sorry Frans.... Josh Blackie is ook nog terug om bietjie ekstra oemf te verskaf, so ek sien maar net wee 'n laaaang 80 minute wat voorlê virrrie Katte.... Highlanders met 15 punte

Brumbies v Chiefs: Brumbies is terug oppie Bruce stadion, en sal lekke afgepiepie wees oor hulle vertoning laasweek in Auckland. Chiefs het 'n week af gehad, maar dis nie maklik ommie Brumbies te klop in Canberra nie (gaan vra maar vir AJ en sy span!), ALHOEWEL dit nie meer die fortress is wat dit 2 - 3 jaar gelede wassie... As Holah vi George Smith kan genoeg besig hou, wie weet.... Sjoe.... moeilike een, maar ek gaan met Brumbies met 7 punte

Force v Bulls: Die Force is pateties, MAAR 'n vrot span moet seker een of anner tyd lucky wees... Hopelik virrie Bulle is hulle nie die unlucky party nie (alhoewel dit met MY luck seker die Stormers sal wees wat teen hulle gaan verloor!!!), en hou hulle maar net by hulle basics... Maar, een of anner tyd sal julle Bulle darem bietjie julle agterlyn moet gebruik!!! Bryan Banana oefen net sy tekkels, en onnerskep pogings deesdae... Is Derrick beter as Morne Steyn?????
Ok, Bulle met 10 punte..

Oraait, ek kan darem ten minste uitsien na 'n naweek wat nie bederf gaan word met NOG 'n Stormers verloor nie!! Boys, die Stormers gaan nie hierrie naweek verloor nie, watch wat ek vi julle sê!!!!

lekker naweek!! onthou, Riaan Rock!!

No comments: