Monday, August 28, 2006

Dertigduisend 5 inne ry!!!!!



Hi Joke,

Jissie, ou grote!!! Hoe voellit om te kan sê "ons het hom!!!" I trust a congratulations is in order? Ek moes innie argiewe gaat krap het om te sien wanneer laas ons die "dertigduisend 5 inne ry" gewen het!! Apparantly wassit laas innie 60's wat die Bokkies 5 inne ry verloor het... Well done, bra!! Ek glo virre coach wat lief is ommie stats aan te haal op perskonferensies, is hierrie seker die altemit!! (note to Jake: Selfs nie eers Dolfie het 5 inne ry verloor nie.... Miskien moet jy ook maar die manne laat poedelnakend in damme rondhardloop...)

Ek willie op jou begin gil nie, maar ek weetie meer WAT om vi jou te skryf, bloot om jou net te oorreed om jou maaind te tjains nie!!! Wanneer gaat JY agterkom dit help nie om die hele mirrag dryfings te probeer speel teenie All Blacks nie... Ek meen, vat nou maar 'n leaf uit Nelly Furtarded se boek: Sy't agtergekom dissie meer cool om "like a bird" rond te vlieg nie, en het besef al hoe sy haar dodgy stembande verder gaan kan bemark, is om ook maar soos 'n skamelgeklede staatstmatras oppie tievie rond te spring soosie res va hulle..... Daarmee bedoel ek nou NIE Jacques Cronje moet sy klere begin uitttrek as ons die National Anthem sing voorie game nie, ek bedoel eintlik net jy moet so bietjie ons tactics hersien!!!! Hel, is dit werklik so ingewikkeld??

En, yes, ek weet: "know me before you judge me", maar as jy aan depressie lei, of verslaaf is aan P, of alkoholiese versnapperinge, moet jy met iemand beginne praat daaroor!! Jy raak net weirder, en weirder byrrie dag!!! Jy sê nog laasweek Solly is die beste 6 innie land, maar jy haal hom vannie veld af na net 47 minute.... Wow!! Ruan issie beste skrumhalf innie land (and so say all of us...), maar hy kry 15 minute op fullback? Onthou, hy's R-U-A-N, en nie G-Y-S-I-E Pienaar nie!! Wat's next??? Brent Russell wat uitdraf op loskopstut, of JP Pietersen wat sy debuut maak op agsteman??

Ek weetie meer nie, Joke..... As julle Saterrag weer dieselle prut opdis teenie Blackies, laat jy my geen keuse nie...Ek en Daniël het solank die vorms beginne invul, ons dink daaraan om aan te sluit by Pt Zef se skaakklub, alhoewel hulle sê daar's lekkerder chicks byrrie dambord klub.... Julle laat ons geen keuse meer nie... 'n Grap isse grap, maar jy maakie 'n sambreel inne man se hol oopie... Jy's nie die een wat 01h00 oppe Sondagoggend moet luister na TJ, Mexted en Grant Nisbitt se kommentaar nie... Jy hoef ookie te hoor hoe Doug Howlett vir TJ tydens rustyd vertel "hy glo nie die Bokke kan 'n drie druk van 'n set move af nie".... Dissie so lekker nie!!!

So, ek smeek jou: Sluk jou pride, erken jou mistakes, en for five six: Tjaains jou game plan!!!!

Tjars

Big Pik

No comments: