Wednesday, August 02, 2006

Whacko Jake-o...

Jis Jake,

Ek het maar gedink ek wag tot jy jou span bekend maak vir Saterragaand se toets voor ek iets sê hierrie week.... Maar maggies, ek kannie meer stilbly nie! Ouboet, ek vra maar nou die vraag wat die hele SA wil eintlik wil vra, maar te bang is, net omdat hulle nie sulke goeie vrinne soos ek en jy issie: Bra, het jy, Gertjie, Alistair en daai Pieter Jooste 'n "P-lab" beroof toe julle in Wellington was??? Want dinge lyk vi my bietjie deurmekaar as ek so na julle utilatings, beslissings luister!!! Of, is jy op enige medikasie waarvan ons nettie weet nie????

Ek verstaan as jy sê Eddie "add value" met sy pragtige sangstem!! Maar, hoekom het julle hom nie aangehits om eerder in te skryf vi NZ Idol, terwyl julle hier in NZ was die anner week nie??? Ek het Sondagaand so geloer na die 18 finaliste, en dissie juis iets om oor huis toe te skryf nie!!! Eddie kon gewen het!!! Maar nee... In plaas va oornag veranner inne pop aai-ril, moet ek nou sien hy't eerder geskuif vannie vasskopkant vannie skrum, na die loskop toe.... Ja, nee!! Dit maak sin!! Ek dag da hy's ons number 1 number 3??? (volg jy?) En ou Os moet nou so baie rugby speel, ek sal hommie kwalik neem as hy sy naam na hierrie trippie veranner na Op du Randt nie..... (en there I was under the impression julle gaat hom in watte toedraai vi volgende jaar se world cup.... )
en Jaco is ook wee oppie bench.. Ga hy vi ons die game probeer wen mette dropgoal vanuit sy kwartgebied uit?? Eish!! Darem jammer Paul Honiss het nie geval virrit nie! Ek meen, dit het sooooooooo genuine gelyk!! En, sy tantrum na die tyd, plaas hom seker in lyn virre Oscar hierrie jaar!! Laat my partykeer wonner wat hulle actually maak as hulle veronnerstel is om te oefen....

Maar, oukei.. Ekkit seker nou genoeg gemoan... Ek sal eerder nie die feit noem dat da nie plek oppie bench is vi Brent Russell of JP Pietersen nie... Hel, hulle het ka seker nou behoorlik duiksakke ronddra na die 5 weke in Aussie en NZ.....
Ten minste het Danie Coetzee 'n spier getrek toe hy yskas toe gestap het om vi jou 'n bier te loop fetch....

Oukei, tyd vi my om te groet.. Hoop dit gaan oukei Saterragaand... Ek sal my seker ma weer moet oorgee aanie Speights teen halftyd....

ps - Province wen nog steeds... Luke het al weer gescore, en lei die mannetjies baie mooi! Ma, dit weet ons mos nou al lankal al...
Ek lees ook jy sê "jy's nie geworry oor Percy se skoppe nie.... Great stuff!!! Ruan het die anner dag ma 5 uit 10 geskop teenie Bulle, so ek's seker hy's NET wa jy soek!!

Big Pik

No comments: